De Necker en kie op uitverkoping

Lloyd Zandberg
Francios de Necker is bekend as ‘n kunstenaar en kunsdosent in Namibië. In 2011 het hy na ‘n lang- en produktiewe loopbaan as kunsdosent by universiteite afgetree. Gedurende dié tydperk het hy deurgaans uitgestel in Europa en die SADC-lande. Na sy aftrede kon hy al sy kreatiewe energie op sy eie kunstenaarspraktyk fokus.

Helen Harris, kurator by die Nasionale Kunsgalery van Namibië, het onlangs geskryf: “Tydens sy loopbaan het De Necker grotendeels nie-figuurlike werk geskep, wat fokus op abstrakte vorms uit sy onmiddellike omgewing. Baie van dié vorms, geïnspireer deur die Namibiese landskap, is herhalend en het embleme in sy werk geword.”

Diegene wat bekend is met sy meer onlangse ontwikkeling, sou ook opmerk dat sy simboliek verskuif het na die mitiese. Hy delf nou selfs dieper in fantasieverwante-aspekte, sonder realitiet wat beperkend is.

“Elke skildery is ‘n getuienis van De Necker se vaardigheid om ‘n hele verhaal op een skilderdoek te kan skep,” het Harris gesê.

Francois en sy vrou, Alida, verhuis na ‘n aftree-oord, en moet dus hul kunsversameling (waaronder die werke van ander bekende kunstenaars ook tel) aansienlik verminder. Francios hou ‘n ateljee-uitverkoping vanaf die 1ste tot die 2de Desember (Saterdag en Sondag). Jy word uitgenooi om môre en oormôre na die kunswerke te gaan kyk tussen 10:00 en 16:00. Die ateljee is geleë by 26 Hoepfner Straat, Klein Windhoek. Kontak 081 235 9044 of 081 235 9014 vir verdere inligting.

Kommentaar

Republikein 2025-04-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer