De Rust kry nuwe boorgat

Ná twee suksesvolle feeste wou Land Rover-eienaars iets aan die gemeenskap teruggee.
Die Land Rover Owners Namibia (LRON)-organisasie het op 30 Maart 'n waterinstallasie en boorgat van N$230 000 aan die plaasgemeenskap van De Rust oorhandig.

Dít volg nadat die gemeenskap hul boorgat verloor het toe dit ineengestort het. Die gemeenskap het verlede jaar ook sowat 27 bokke en skape en twee donkies weens roofdiere verloor.

LRON se voorsitter, me. Gundula Perry, het die oorhandiging saam met ander vennote van die projek behartig.

Dié vennote sluit in mnre. Ralf Schomarz (Afritin), Johan van der Westhuizen, Izak Smit (Desert Lion Human Relations Aid, of DeLHRA), Johannes Haasbroek (Elephant Human Relation Aid, of Ehra), Kurt Haensel (DIS Engineering), Basil Calitz (Brandberg Rest Camp) en Georg Rüdiger.

Teenwoordig by die geleentheid was mnr. Siegfried Gawiseb, van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Karel Witbooi, van die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling, raadslid Jaqueline Awases en hoofman Ismael //Gaseb.

Die Land Rover-eienaars het besluit om die gemeenskap te help ná twee suksesvolle Land Rover-feeste die afgelope twee jaar. Hulle wou iets aan die gemeenskap en wildlewe in dié gebied teruggee. Die projek vloei uit die vennootskap tussen verskeie belangegroepe, wat 'n liefde vir die natuur en die omgewing het en volgehoue watertoevoer in dié besonder droë gebied wil verseker.

Smith, van DeLHRA, het by die oorhandiging verduidelik watter hulp die plaasgemeenskap ontvang het.

Dit sluit onder meer in dat vee wat deur woestynaangepaste leeus gevang is, vervang is en hulp is verleen om seker te maak hul veekrale word teen roofdiere beskerm.

“Die verbeterde toegang tot water behoort ook te keer dat vee water in die Ugabrivierbedding gaan soek, waar hulle deur leeus voorgelê kan word,” het hy gesê.

Haasbroek, van Ehra, het sy gesê sy organisasie se visie is om die vreedsame saamleef met olifante in die omgewing te bevorder.

Die gemeenskapslede Mama Rosa en hoofman //Gaseb het die geleentheid met enkele woorde afgesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!