De Wet wil slange vang
Grootfontein se slangjagter, De Wet Horn, vang slange in en rondom Grootfontein en laat hulle dan in die veld vry. De Wet het op ’n kleinhoewe buite Grootfontein grootgeword waar hy geleer het om met slange en ander reptiele te werk. Hy is ’n lid van ’n groep bestaande uit bekende plaaslike slangvangers soos Francois Theart, Ethne Engelking en Mario Gutteres wat oral in die land slange uit huise en ander wegkruipplekke verwyder. Die groep is op Facebook se Snakes of Namibia-blad te sien, waar hul nommers en veel meer inligting oor slange beskikbaar is. De Wet sê hy beoefen nie die besondere “stokperdjie” vir geld nie; hy doen dit om beide die slang en die mens teen mekaar te beskerm en omdat hy van slange en reptiele hou. Foto’s verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie