Debakel met paspoorte
‘n Mens hoop daar was agter die kabinetsvergadering se geslote deure en in vergadersale van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie meer as net ligte rapse oor die vingers vir die heersende tekort aan paspoortboekies.
Die probleem is vroeg in Mei formeel erken. Die land sal tussen vyf en sewe maande, tot in November, uitgelewer wees aan die krisis en die noodbestuursmaatreëls wat dit verg.
Nóg houe vir die regering. In ‘n verkiesingsjaar.
Diegene wat dit as ‘n onbelangrike saak wil afmaak, besef nie die impak op ‘n basiese reg soos vryheid van beweging nie. Burgers se reisplanne behoort nie deur owerhede omver gegooi te word nie.
Die egtheid van minister Frans Kapofi se verskoning word nie in twyfel getrek nie. Maar ‘n mens kan nie help om te vermoed iemand het iewers – ondanks, en juis gegewe die aard van tenderprosesse – nie die oog behoorlik in die seil van voorsienigheid gehou nie. Ekonomiese nood, ingrypende begrotingsbesnoeiïngs en langdurige betaalprobleme by die staat verdryf ongelukkig nie die spreekwoordelike hond se gedagtes by Jan en San Alleman nie.
Nog bewyse van krisisbestuur is dat oënskynlik eers onlangs met buitelandse moondhede oor die aanvaarding van “bruin paspoorte” gesels is. Eers nou word ook oor tussentydse maatreëls met SADC onderhandel? Sulke gesprekke kon reeds vóór die eerste tekens van ‘n tekort begin het. ‘n Gebrek dus aan antisipasie.
En dit net toe binnelandse sake sy beeld begin herstel het.
So sê ander
1 Julie 2019
Erns van situasie rondom Iran durf nie onderskat word
Die erns van die bedreiging van ’n oorlog in die Persiese Golf moenie onderskat word nie.
Albei lande dra skuld aan die situasie. Enersyds is Iran se rol in die voortslepende burgeroorloë in Sirië en Jemen ’n destabiliserende faktor wat nie onderskat moet word nie. Andersyds het Trump die huidige proses van wedersydse eskalasie onnodig aangewakker toe hy sy land eensydig aan die internasionale kernooreenkoms met Iran onttrek het.
Deur sy onttrekking aan die ooreenkoms en bykomende handelsanksies teen Iran het Trump ’n kettingreaksie op gang gebring wat sedertdien gevaarlike afmetings aanneem. Dit speel regstreeks in die hande van die valke in sowel Washington as Teheran, mense wat ’n oorlog sal verwelkom.
Trump speel sy tipiese blufspel. Hy het verlede week getwiet dat ’n oorlog met Iran “kort” sal wees, wat – as dit nie slegs bravade is nie – wys dat hy nie die aard van oorlog in die Midde-Ooste begryp nie.
’n Oorlog met Iran kan nie met dié teen Irak (1991 en 2003) vergelyk word nie. ’n Grondaanval op Iran sal Amerika in ’n bloedbad van groot omvang insuig.
Die uitdagende globale ekonomiese uitdagings hou baie lande toenemend gefokus op binnelandse kwessies. Hopelik is daar nog genoeg veerkragtige internasionale diplomasie om enige oorlog af te weer.
• BEELD, DIE BURGER, VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie