Debat oor kernkrag duur voort
Selfs onder die kenners by die African Utility Week is daar skerp verskil oor die wenslikheid van kernkrag vir Suid-Afrika.
Terwyl De Buys Scott, senior vennoot vir die ouditgroep KPMG se infrastruktuur-konsultasie-afdeling, glo kernkrag moet net beter verstaan word en dat dit ’n langtermyn-bron van skoon krag vir Suid-Afrika kan wees, sê Sabine Dall’Omo van die Duitse tegnologiegroep Siemens se Suider- en Oos-Afrika-kantoor dat dit net te lank vat om te bou.
“Hoe langer dit duur om te bou, hoe hoër jou koste en hoe minder beheer het jy,” het sy in ’n onderhoud aan Fin24 gesê.
Sy meen ’n kombinasie van hernubare energie, steenkoolkragstasies en die byvoeging van gaskragstasies is voldoende om Suid-Afrika van bekostigbare en genoeg krag te voorsien.
Intussen kom kernkragkenners Donderdag vir ’n spesiale sessie oor kernkrag by die African Utility Week byeen.
Die konferensie het die afgelope week meer as 7000 afgevaardigdes van nutsmaatskappye regoor Afrika na die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum gelok.
Senior amptenare van Eskom se kernkrag-afdeling, die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa), en die Kernkragbedryfsvereniging van Suid-Afrika (Niasa) hou Donderdagoggend ’n paneelbespreking oor die huidige stand van sake met die regering se kernkragtender.
Die sameroeper van die paneel is dr. Kelvin Kemm, voorsitter van Necsa.
Hulle sal die hofuitspraak bespreek wat onlangs gemaak is om die regering se kernkragtenderproses te stop.
’n Gevallestudie oor die potensiële impak van ’n nuwe kernkragstasie by Thyspunt in die Oos-Kaap sal bespreek word, en Donderdagmiddag sal Meike Wetsch, programbestuurder van die Coega Ontwikkelingskorporasie, praat oor hoe Suid-Afrika se rommelstatus die finansiering van ’n nuwe kernkragbouprogram kan raak.
Die kredietgraderingsagentskappe Fitch en Standard & Poor’s het onlangs hul gradering vir Suid-Afrika se soewereine skuld tot onder beleggingsgraad afgegradeer. Dit het gekom nadat pres. Jacob Zuma vir Pravin Gordhan as minister van finansies afgedank het, asook sy adjunk Mcebisi Jonas as deel van ’n omvattende kabinetskommeling.
Die druk wat ’n ambisieuse nuwe kernbouprogram op die staatskas kan plaas tel onder die risiko’s vir die kredietgraderingsagentskappe.
Dall’Omo sê aan Fin24 die gebruik van aardgas om krag op te wek is ’n beter geleentheid om koolsuurgas te verminder in kombinasie met hernubare energie. Sy glo dus nie kernkrag is lewensvatbaar vir Suid-Afrika nie. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie