Debat woed nu00e1 skopbokser (13) se dood
Debat woed nu00e1 skopbokser (13) se dood

Debat woed ná skopbokser (13) se dood

Gevegskuns
Die dood van 'n 13-jarige seun wat uitgeslaan is in 'n skopboksgeveg in Thailand, het 'n debat veroorsaak oor die verbod op kinders se deelname aan die sport.

ABCSport berig Anucha Tasako is dood nadat hy Saterdag aan 'n Muay Thai-geveg in die Bangkokse voorstad Samut Prakarn deelgeneem het.

Muaythai Krobwongjorn, 'n Facebook-blad wat oor die sport berig, sê Tasako het weens bloeding op die brein gesterf.

Beskermende klere word normaalweg nie in Muay Thai gedra nie, wat glo ook in Tasako se geveg die geval was.

Sukrit Parekrithawet, die regsverteenwoordiger van verskeie skopboks-oefenkampe, sê Tasako se dood, wat onder die skuilnaam Petchmongkol S Wilaitong meegeding het, was 'n geïsoleerde voorval en die gevolg van 'n toernooi wat swak georganiseer was.

“Hierdie het nog nooit voorheen gebeur nie en is ongekend,” sê hy.

“Daar is verskeie faktore om in ag te neem wat niks met ouderdom te doen het nie. Die skeidsregter het nie die geveg betyds beëindig nie en daar was nie 'n dokter op bystand nie.”

Tasako het sedert agtjarige ouderdom in meer as 170 gevegte meegeding en het in die onder 41 kg-gewigklas deelgeneem.

Kinder-skopboks is algemeen in Thailand, veral in afgeleë gebiede waar hulle sodoende vir hul gesinne sorg. Dit is ook 'n manier om uit armoede te ontsnap, sê Muay Thai se kampvegters.

Kritici meen die sport is gevaarlik en wys op studies deur Thailand se Mahidol-universiteit wat sê kinders onder 15 wat toegelaat word om te skopboks kan verskeie soorte breinskade opdoen.

Thaise politici oorweeg wetgewing wat in Oktober voorgestel is om kinders jonger as 12 van mededingende Muay Thai te verbied.

Skopboks is een van die gewildste sporte in Thailand en kampvegters skop vas teen die regulering daarvan.

Tasako is deur sy oom, 'n skopboks-afrigter, grootgemaak nadat sy ouers geskei is.

Die oom, Damrong Tasako, het aan die ThaiPBS-televisiestasie gesê Tasako se dood was 'n ongeluk, maar ondersteun regulasies dat kinders onder 15 beskermende klere dra om die impak teen die kop en lyf te verminder.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!