Debmarine: Bulstryd vir spogklubs kom
Debmarine: Bulstryd vir spogklubs kom

Debmarine: Bulstryd vir spogklubs kom

Beide spanne se kapteins is oorgehaal om die finale uitklophou toe te dien.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Gaan die oomblik Saterdagnamiddag in die Sam Nujoma-stadion te groot vir Unam sokkerklub wees wanneer hulle teen die gedugte African Stars in die eindstryd van die 2018 Debmarine-beker op die veld stap?

Moontlik nie – want Unam het verlede naweek sy staal getoon toe hy FNB Black Africa in 'n senutergende strafskopstryd uitgeskakel het om dié semifinaal te beklink.

Hierteenoor is Starlile reeds as die land se premierligakampioen bekroon nadat hy 19 van sy 30 NPL-botsings gewen het en 40 balle teen die doelnet laat klap het. Sy skamele drie verloorslae is van die minste nóg in heugenis van die NPL.

Black Africa het tweede in die Premierliga met 55 punte geëindig en het alles in sy vermoë gedoen om die eindstryd van die Debmarine-beker te haal. Dus is dit 'n groot pluimpie vir Unam, wat die Leeus eers vir 90 minute getem en toe uitoorlê het.

Stars se gesoute kaptein, Pat-Nevin Uanivi, en hoofafrigter Bobby Samaria het die afgelope NPL-seisoen gewys waartoe Starlile in staat is. Die suinige 14 doele wat in 30 kragmetings teen hom aangeteken is, getuig hoe stewig die rooies se ­verdedigingslinie is.

Hoofafrigter Ronny Kanalelo se Clever Boys het selwers ongekende hoogtes in die afgelope NPL-seisoen bereik en sal sekerlik met 'n blink plan op die veld stap. Unam se vierde plek op die NPL-ligaleer met 48 punte was nie te versmaai nie.

Hoewel Unam net 13 van sy 30 botsings kon wen, het hy 43 doele behaal wat drie meer as Stars s'n is.

Indien kaptein Heini Isaacs se troepe hul senuwees in toom kan hou, kan hulle African Stars fnuik. Isaacs het aan Republikein vertel dat sy span bitter hard die afgelope seisoen gewerk het.

“Nadat ons die vorige NPL-seisoen nie na wense gevaar het nie, het ons verlede jaar besluit om as 'n eenheid te werk en te groei, wat ook gebeur het. Dit was nie vir ons 'n verrassing om vanjaar vierde te eindig nie. In die verlede het ons gedurende die tweede helfte van die NPL uitgesak, maar vanjaar het ons dinge reggeruk en ook in die laaste 15 botsings goed gevaar.

“Ons wil graag vir die universiteit in geheel geskiedenis maak – nie net vir die sokkerklub nie, maar vir almal. Ons kan in die eerste minuut 'n doel behaal en wen, of in die laaste minuut die net tref en wen. Maar ons wil nie onnodige tyd mors om die botsing tot in bykomende tyd of met strafskoppe uit te rek nie,” het Isaacs aan die koerant vertel.

Uanivi se African Stars wil vir hul ondersteuners 'n goeie vertoning lewer en sodoende vergoed vir hul afwesigheid in die 2017 Debmarine-reeks.

“'n Finaal is 'n totaal ander storie as 'n bekerwedstryd. Jy kry net een kans om jou merk te maak en gebeur dit nie, is dit neusie verby vir die span. Stars is 'n goeie span en die spelers is slaggereed om Unam te klop. Ons het verlede jaar nie in die Debmarine-kompetisie gespeel nie en wil daarvoor vergoed.

“Ons wil ook graag sake gedurende die gewone speeltyd afhandel en nie in 'n onnodige strafskopstryd of bykomende tyd betrokke raak om die eindstryd te wen nie. Ons gaan Stars se ondersteuners met goeie sokker bederf en die beker as dubbele kampioene in 2018 lig.

“Die mense moet in hul massas opdaag en ek beloof doele van ons kant af,” het Uanivi gesê.

Hekke open Saterdag om 12:00 vir die grootste sokkerekstravaganza in die land vanjaar. Om 13:00 skop die eerste aksie af met 'n vertoonwed­stryd tussen die nasionale o.23-span en 'n uitnodigingsspan.

Sparky die Debmarine-gelukbringer gaan 100 sokkerliefhebbers se harte met 'n spesiale geskenk laat jubel, terwyl Sally Boss Madam en Kalux (beide 2018 NAMA-wenners) op­tredes sal lewer. Die hoofwedstryd se afskoptyd is om 16:00.

Kaartjies vir die dag se pret kos net N$30 en is by die hekke asook by Computicket beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-09-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067