• Tuisblad
  • Sake
  • Debmarine Namibia neem die SS Nujoma in ontvangs
Debmarine Namibia neem die SS Nujoma in ontvangs
Debmarine Namibia neem die SS Nujoma in ontvangs

Debmarine Namibia neem die SS Nujoma in ontvangs

Ronelle Rademeyer
Die sesde diamant-eksplorasieboot in Debmarine Namibia se vloot, die SS Nujoma, vertrek later die week van Noorweë waar dit gebou is, na Kaapstad waar dit met die nodige eksplorasie-toerusting en tegnologie toegerus sal word.
Debmarine Namibia het dit gister in Noorweë in ontvangs geneem.
Die nuwe boot van N$2,3 miljard is gedeeltelik deur Rand Merchant Bank (RMB) Namibia gefinansier en is spesiaal vir Debmarine Namibia deur Kleven Verft AS in Noorweë gebou.
Dit is 113 meter lank en die mees gesofistikeerde van sy soort ter wêreld.
Mnr. Michael Curtis, Demarine Namibia se projekhoof, sê dié maatskappy se bemanning sal met die SS Nujoma na Kaapstad vaar en sal na verwagting laat in Augustus in Tafelbaai aankom.
" In Kaapstad sal ons die sorteringstelsel en behandelingsaanleg installeer en dit toets voordat ons na Namibië vaar. Die finale toetse sal vroeg in 2017 hier gedoen word."
Soos die ses ander vaartuie in Debmarine se vloot sal die skip vir tot drie jaar op ’n keer met monsterneming en eksplorasie besig wees voordat dit na die hawe op Lüderitz vir onderhoud terugkeer. Altesaam 80 bemanningslede sal aan boord gehuisves word.
Debmarine is ’n gelyke vennootskap tussen die Namibiese regering en De Beers en bestaan sedert 2001. Die maatskappy se produksie het van 600 000 karaat in 2002 tot 1,2 miljoen karaat tans toegeneem, wat dit die grootste diamantproduseerder in Namibië maak.
Mnr. Otto Shikongo, uitvoerende hoof van Debmarine Namibia, het vroeër gesê die maatskappy se Namibiese arbeidsmag het sedert 2002 van 18% tot meer as 80% toegeneem.
Volgens die land se voorlopige nasionale rekeninge wat die Namibië Statistiekagentskap (NSA) onlangs vrygestel het, het die dia­mantbedryf in 2014 sowat N$6,17 miljard tot Namibië se bruto binnelandse produk (BBP) van N$100,25 miljard bygedra. (Syfers teen 2010-markpryse.) Dit is sowat 11% meer as in 2013.



Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!