Debuut vir Janco teen Gloucester

Rugby
Janco Venter het sy skuif na die Londense spogklub Saracens met ’n belangrike mylpaal gedenk deurdat hy die eerste keer in die “Wolf Pack” se 23-tal vir ’n wedstryd in die Engelse premierliga ingesluit was.

Saracens het gisteraand se tuiswedstryd teen Gloucester met 36-20 gewen nadat hulle rustyd met 14-10 voorgeloop het.

Die Namibiese toetsflank is gedurende die Covid-19-onderbreking in die Engelse seisoen deur Saracens opgeraap, nadat hy die afgelope seisoene een liga laer vir Jersey Reds ’n uitblinker was.

Saracens het vir gisteraand ’n veel meer onervare span in die veld gestoot as wat laas Saterdag met 38-24 teen Harlequins aan die wenkant was. In laasgenoemde vertoning het die Engeland-kaptein Owen Farrell sy 200ste verskyning vir Saracens gemaak.

Teen Gloucester sou die eerste keuse lostrio Jackson Wray (247 wedstryde), Billy Vunipola (112) en voormalige Stormers-flank Michael Rhodes (95) almal ’n ruskans geniet, net soos die Engeland-spelers Maro Itoje (121), haker Jamie George (228) en gereelde klubkaptein en senter Brad Barritt (257), asook die vaskopstut van die Springbokke, Vincent Koch (82).

Venter is een van vyf spelers wat hul eerste verskyning in ’n Saracens-wedstrydgroep sou maak. Die ander vier is die vleuel Ben Harris (sewesspeler vir Engeland sedert 2018), heelagter Will Hooley (nasionale speler vir die VSA se Eagles), die slot Cameron Boon as ’n produk van die klub se akademie en senter Harry Sloan (’n Harlequins-veteraan sedert 2014).

Voor gisteraand het Gloucester hom in die agtste posisie uit die 12 spanne op die puntelys (vyf gewen, tien verloor) bevind.

Saracens is onderaan die puntelys vanweë die meer as 70 ligapunte waarmee die klub vir herhaalde oortredings van die beperking op sy salarisrekening vir spelers gestraf is.

Voor die afsluiting van die huidige seisoen het Saracens na dese nog vier premierliga-wedstryde oor, maar dit is reeds ’n uitgemaakte saak dat hy vir die daaropvolgende seisoen na die RFU-kampioenskap gerelegeer sal word.

Venter – net soos verskeie van Engeland se mees prominente nasionale topspelers – het hulle egter nietemin tot Saracens verbind en die strewe verklaar om weer hul pad boontoe oop te speel en in die daaropvolgende seisoene hul stempel af te druk. Saracens is die huidige houer van die Europese Rugbykampioenskap.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!