Deeglike konsultasie nodig vir onderwyswet
Die onderwysersvakbond sê die hervorming van die leerplan het uitdagings wat dringende aandag vereis.
Henriette Lamprecht - Die Namibië Nasionale Onderwysersunie (Nantu) dring daarop aan dat enige debat oor die wetsontwerp vir die nuwe onderwyswet opgeskort word tot deeglike beraadslaging met sleutelrolspelers, wat onderwysers insluit, plaasvind.
Word daar nie aan hul versoek voldoen nie, sê die onderwysersvakbond, gaan “drastiese stappe tot by die hoogste owerheid” volg.
Volgens Nantu is opvoeders sleutelrolspelers in die onderwyssektor en moet daar na hulle geluister word, en moet onderwysers ook beskerm word.
Met verwysing na aansoeke om verlof het die vakbond die regering daarvan beskuldig dat hy sy eie wette oortree wat ten doel het om arbeidsverhoudinge te reguleer.
Dít deur omsendbriewe uit te stuur wat die bestaande erkenningsooreenkoms, ingesluit die arbeidswet, oortree.
“Die kantoor van die eerste minister het 'n wysigingskennisgewing uitgestuur oor die bestuur van aansoeke om verlof. Die staatsdiensregulasie oor aansoeke om verlof het onderskei tussen onderwysers en regeringsamptenare, en die sogenaamde wysiging maak nie hiervoor voorsiening nie,” sê Nantu.
Die vakbond sê voorts hy ondersteun nie die wysiging nie en gaan ook nie daartoe instem nie.
“Ons kan nie bekostig om leerlinge alleen te los omdat elke minuut tot die maksimum en tot voordeel van die kind gebruik moet word nie. Die regering moenie 'n twyfelagtige speletjie speel en beweer hy bevorder die kind se regte, maar terselfdertyd ontneem hy dieselfde kind die reg op onderrig nie.”
'Nadelig' vir stelsel
Volgens Nantu het sommige direktorate briewe aan onderwysers uitgereik waarin gevra word wanneer die betrokke onderwysers met verlof gaan.
Volgens die vakbond is dit “nadelig” vir die stelsel en gaan dit onderwysers nadelig beïnvloed.
“Ons het nie enige ooreenkomste in die verband gesluit nie. Niemand moet onderwysers dwing om verlof te neem nie. Die kennisgewing moet teruggetrek word en alle verlofdae wat onderwysers bymekaar gemaak het, moet uitbetaal word wanneer hulle bedank.”
Die vakbond het voorts gemaan die huidige finansiële druk moenie gebruik word om 'n voorwaarde vir indiensneming te verander sonder dat daaroor onderhandel is nie.
Met verwysing na merietebeoordelings sê Nantu sy lede moenie gedwing word om dit te onderteken nie.
“Algemene regeringsmaatstawwe is nie dieselfde as dié vir onderwysers nie.”
Bestaande maatstawwe, soos onder meer die Skool-selfevaluering (SSE) moet eerder gebruik word.
Nantu het ook 'n beroep op skole gedoen om bevorderingsposte volgens die studieveld van die skool te adverteer in 'n poging om “voortrekkery” hok te slaan.
Die vakbond het kommer uitgespreek oor uitdagings met die hervorming van die leerplan, wat dringende aandag vereis.
Dit verwys veral na graad 8 en 9 wat van senior sekondêre skole na junior of gekombineerde skole geskuif is.
“Dit lei tot 'n toename van leerlinge en onderwysers tot dié skole en bied uitdagings vir beide leerlinge en onderwysers, sowel as die ministerie om voldoende klaskamers te verskaf.”
Die vakbond het vervolgens 'n beroep op die regering gedoen om finansiering hiervoor beskikbaar te stel om te verhoed dat leerlinge onderrig in tente ontvang en geen plek het om te slaap nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie