Deel die feite met die publiek
FANIE KRUGER, VERKEERSKONSULTANT, SKRYF:
Die hoof verkeersbeampte Munisipaliteit Swakopmund. Jou brief aan my gedateer 29 Augustus 2019, ontvang per pos op 30 Oktober 2019 verwys.
Jy verwys na my onafgebroke korrespondensie in die koerant, maar jy antwoord nie die vrae wat ek vra nie. Jy dring ook aan dat ek moet bewys dat die verkeersbeamptes/verkeersafdeling nie werk nie, en sê julle doen jul bes om teen die “roof-taxi's” op te tree.
Die “roof-taxi's” gaan nog steeds voort soos vanaf die dag wat ek dit aan julle gerapporteer het. Ek sien nooit verkeersbeamptes wat optree teen die taxi's nie, en dit bly 'n probleem op die hoek van Nelson Mandela Avenue en Edisonstraat. By navraag aan van die eienaars het hulle genoem dat die hoof verkeersbeampte hulle toestemming gegee het om daar te stop, maar verkieslik in die gat van die erf op die hoek.
Verder noem jy dat jy bewus is van die wetgewing oor onwettige “elektriese motorfietse” wat ongeregistreerd, ongelisensieerd en onpadwaardig in Swakopmund se strate ry, maar sê dit is goedgekeur op jou aanbeveling en 'n raadsbesluit. Meneer, julle kan die wet nie wysig nie, maar kan wel toesien dat hierdie fietse padwaardig gemaak word en wettig geregistreer word te NaTIS.
Sal graag ook wil weet: mag elektriese gholfkarretjies, elektriese vierwielmotors/-motorfietse ook in die dorp rond ry, ongelisensieer, want dit val presies in die selfde kategorie as die elektriese motorfietse? Dit sal hoog op prys gestel word indien julle die publiek kan inlig.
Daar is kinders van 7 en 8 jaar wat met hierdie elektriese fietse skool toe ry bedags, asook ander inwoners wat dit as vervoermiddels gebruik. Dink julle so 'n jong kind is bevoeg as bestuurder en wat gaan julle optrede/antwoord wees as 'n minderjarige of 'n lid van die publiek met so 'n motorfiets verongeluk?
Bewyse dat verkeersbeamptes nie hul werk doen nie is ooglopend. Kan julle asseblief die vrae in die koerant beantwoord? Ek dink Swakopmunders is net so nuuskierig soos ek.
Wys asseblief vir ons die laaste drie jaar se statistiek van dokumente bedien op ouers van minderjarige kinders om in die hof te verskyn. Die meeste dronkbestuurprobleme, resies jaag, ongelisensieerde bestuurders en al die ongelukke weens ry oor randstene, eilande, die afry/omry van kragpale, gebeur tussen middernag en 06:00 in die oggend. Kan julle ook asseblief die statistiek vir ons plaas vir die laaste drie jaar hoeveel mense aangekla en/of gearresteer was tussen 24:00 en 06:00. Daar word elke dag ongelisensieerde, onpadwaardige sleepwaens vir bote in die dorp gesleep, en van die bestuurders het slegs kode B-lisensies en mag nie sleep nie. Hoe is dit moontlik dat ons as publiek dit sien, maar nie die verkeersbeamptes nie?
Ek weet dat die verkeersbeamptes nie in die nag werk nie. Julle is 16 verkeersbeamptes en met goeie beplanning kan 24/7 diens gelewer word. Jou antwoord via die koerant word op prys gestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie