Deel van die oplossing
Dani Booysen - Volgens die vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5) het armoede in Namibië sedert 2010 teen verlede jaar met ‘n verdere 10,7% afgeneem.
Die Nasionale Beplanningskommissie (NPC) bereken dat byna drie uit tien inwoners (28,7%) sewe jaar gelede in ekstreme armoede gedompel was teenoor net minder as twee uit elke tien Namibiërs (18%) in 2016.
Kritici van die regering is lief om statistiek soos hierdie sonder enige teenstellende feite plat te skiet.
Inderdaad is twee uit tien steeds te veel, maar veralgemenende bokhaelstellings dat arm Namibiërs vandag slegter daaraan toe is as met onafhanklikwording of tydens die apartheidsjare, bly uiters aanvegbaar.
Ja, die regering kan op verskeie fronte beter gevaar het. Standaarde van dienslewering en prioriteite by die vasstel van uitgawes bly ‘n bron van kommer.
Maar om te argumenteer dat tye van regteloosheid en diskriminasie, tye toe algemene stemreg nie bestaan het nie, beter was as die Namibië waarin ons nou leef, is ‘n drogredenasie.
Dit is eweneens ‘n holruguitspraak dat mense nie vryheid kan eet nie, maar daar is tog ‘n mate van waarheid daarin opgesluit. Dan bly die vraag steeds hoekom die land soveel miljarde op byvoorbeeld verdediging uitgee – terwyl sulke geld juis honger mae kan help vul.
Baie inwoners glo verstok steeds in Afrika-stereotiepes, terwyl Namibië in talle opsigte hierdie waanbeelde afgetakel het.
As almal nie bereid is om deel van die oplossings eerder as van die probleme te raak nie, sal Namibië nie sy oorblywende uitdagings kan oorkom nie.
So sê ander
9 April 2017
The Observer view on Trump’s airstrikes against Syria
When making life-or-death decisions, it does not do to become too emotional.
Donald Trump’s angry, visceral reaction to television pictures of last week’s unforgivable chemical weapons atrocity by the Syrian regime in Idlib province is understandable on a human level. But for the man who commands the world’s most powerful military force, it is dangerous.
Dangerous, because by seeking impulsively to avenge one wrong, Trump has risked making the situation worse for the Syrian civilians he now, suddenly and implausibly, claims to want to protect. In matters of war and peace, a US president, or any responsible national leader, cannot and should not allow himself to be guided by raw, untutored personal feelings.
Luckily for us and Trump, the greenhorn US president was saved by the advice of seasoned professionals.
• THE OBSERVER

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie