Deel van Swapo se taktiek?
Deel van Swapo se taktiek?

Deel van Swapo se taktiek?

Dani Booysen
Swapo het kandidate op sy partylys beopdrag om uit openbare en verkose ampte te bedank soos ‘n omstrede artikel in die Kieswet voorskryf.

Namibiërs moet onthou die nuwe wetgewing is in 2014 eers baie kort voor die verkiesings deurgevoer. Die betwiste artikel is nie vyf jaar gelede toegepas nie.

As amptelike opposisie weier die PDM om aan ‘n wetlike vereiste te voldoen wat die beweging betwis. Dit is onseker of die kwessie voor stemdag voor ‘n kieshof sal draai.

Die Staatsdienswet skryf voor amptenare moet verlof neem wanneer hulle genomineer word. Wanneer ‘n amptenaar verkies word, tel dit outomaties as ‘n bedanking.

Die voorskrif verseker dat amptenare nie hul posisies tydens verkiesingsveldtogte vir politieke doeleindes sal misbruik nie. Dit maak sin dat jy eers wanneer jy verkies word jou beroep moet prysgee.

Wanneer dit by lede van die Nasionale Raad en plaaslike owerhede kom, kan daar sorge oor sulke misbruike wees en natuurlik ook oor die invloed op rade se werk. Sulke gevalle behoort eerder bestuur te word as om outomaties tussenverkiesings af te dwing, wat bykomende kostes vir die land skep?

Die Staatsdienswet dateer uit 1995 en Namibië se vorige verkiesingswetgewing uit 1992 en 1994. Is goeie redes vir die verandering ooit op die tafel geplaas?

Swapo kan prakties ook nou sy “wetsgehoorsaamheid” as deel van sy kiesveldtog inspan.

Die verkiesingskommissie (ECN) moet sy volledige regsmening met die land deel en selfs dan is dit – vir nou en die toekoms – die beste dat die hof die tameletjie uitpluis.

So sê ander

11 Oktober 2019

Elections upon us

Botswana is going to the polls and all the serious contenders for power are working around the clock to win the elections.

There has been skilful avoidance in all political parties of the real issues facing Botswana today.

• A credible and an all-inclusive approach towards combating corruption in the country – we need a State Capture enquiry. Not the selectiveness approach of the DCEC and the DPP. Let all corruption cards be put on the table, and let the nation deal with them.

• Eliminating capital flight by ensuring that PPADB contracts have a home bias and a deliverable social impact

• Mass job initiatives to eradicate poverty

• Citizen Empowerment, in particular indigenisation of our economy

• Wealth redistribution

Too much effort from government legal institutions in the past year has been made to spare senior government officials and political leaders from being made accountable for some of the decisions they took.

Isn’t it obvious that there will be capital flight if all the contracts are given to the foreign companies?

If you think we are being alarmist, Namibia went into recession for a solid three years because all infrastructure spent was given to foreign firms. The economy contracted because there was no circulation of money in the economy. The foreign companies repatriated all contract money back to their countries.

Today’s thought

“Prosperity is necessarily the first theme of a political campaign” – Woodrow Wilson

• MMEGI

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!