Deep Heat en determinasie
Meer as 10 jaar sedert ek laas Metropolitan Skolerugby se finale by die Hage Geingob-stadion bygewoon het, is dié jaarlikse mekka van rugbyliefhebbers, spelers, ouers, ondersteuners en organiseerders steeds een van die ongelooflikste byeenkomste om te ervaar.
Die aksie, atmosfeer en asemrowende talent maak van dié geleentheid 'n hoogtepunt vir alle balbedonnerdes.
Danksy NMH se toewyding om deur opwindende nuwe maniere ons lesers en ons aanlyn gehoor dwarsoor die wêreld in te lig en te vermaak, was ek een van duisende mense dwarsoor die wêreld om die Deep Heat en determinasie regstreeks in die lug te kon ruik.
Jaar na jaar het ek, 'n hopelose maar toegewyde rugbyspeler, vir my geliefde Hoërskool Academia, soos soveel ander, vir God, glorie en skool my liggaam en ego op die spel gesit.
En soos elke persoon by daai stadion wie se siel een of ander tyd met 14 ander op 'n veld verweef is, sou ek dit in 'n oogwink weer doen.
Dis nie net die span se identiteit, die trots of die koue padkos en warm Powerades waarna ek verlang nie.
Dis die bewondering en die aanmoediging van die ooms en anties - al is hulle daar om jou vyand vir die dag te ondersteun.
Boonop was daar aandag en aanmoediging van al daai ooms en anties se dogters ook nog, maar ook die geleentheid om met jou span broers vir jou groter familie se ewige eer te baklei.
Die afgelope twee naweke was ek in die bevoorregte posisie om dit weer te kon ervaar toe ek by die fiksste, vinnigste en sterkste jong bulle in die land moes probeer byhou.
Ek en die duisende mense wat op ons Live Stream ingeskakel het van die plaas, werk of buiteland af, het op dié manier 'n unieke perspektief op die aksie en drama van die skouspel van sport, menslikheid en opoffering van tyd, bronne en soms bene, gehad.
Elke oomblik tel en danksy die onvoorspelbare aard van 'n rugbybal en die wonderwerke wat gebeur wanneer 'n ontploffing van adrenalien, talent en geluk plaasvind, was daar baie ongelooflike oomblikke.
Oomblikke waarin jong manne helde word, afrigters konings, en skeidsregters skurke.
Daai oomblikke waar emosies op beide die veld en die paviljoene oorgeloop het.
Daar was inspirerende oomblikke waar dissipline, determinasie, 'n yssak op die regte plek en 'n paar weldeurdagte woorde agter die pale en van jou afrigter in rustyd, spanne laat saamtrek het en gelei het na ongelooflike oorwinnings of minstens eerbare verliese.
Die prestasies en viering van godgegewe gawes is iets wat ek nie gou sal vergeet nie.
Ook nie hoe die aarde geskud het wanneer die spanne mekaar aanval, of die determinasie in die oë van 'n veel kleiner verdediger nie.
Hoe broederskap, spangees en respek mense van verskillende kleure en kulture, manne wat kort tevore mekaar se koppe van hul lywe wou afskeur, oorreed om mekaar te omhels, troos en te bedank vir hul sportmanskap en mededingend.
Ek gaan my eie skolerugbystories nog baie lank oorvertel en so ook my vriende, hoewel ons weergawes mag verskil.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie