Dehan môre begrawe
Klein Dehan de Wet (2) wat Maandag weens 'n slangbyt gesterf het nadat hy vir dae dapper in die hospitaal teen die sebraslang-gif geveg het, word môre om 09:00 uit die NG Kerk se Eros-gemeente in Windhoek begrawe. Die begrafnisdiens sal deur ds. Johann Serfontein behartig word. Hy laat sy ouers, mnr. Louw en me. Denené de Wet, asook sy ouer boetie, SJ, en grootouers agter. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie