Dekselse diewe
Ek was nie seker of ek moes lag of huil toe ek verlede week lees hoe 'n ambulans voor 'n hospitaal in ons hoofstad gesteel is nie.
Lag, want wie steel 'n ambulans? Seker net 'n druggie wat hoop hy kry sy volgende fix binne in. Huil, want watter soort mens is jy om 'n voertuig te steel wat 'n lewe kan red? Sies man!
Ons sal seker ook nooit weet of dit skoolkinders was wat kattekwaad aangevang het, of diewe met veel meer duistere motiewe nie.
Hoe ook al, 'n mens sien, hoor en lees gereeld van items wat gesteel word. So hartseer soos wat dit is, is dit 'n alledaagse verskynsel. As dit nie 'n selfoon of kar is nie, is peperduur, eksotiese kuns in sekere kringe dié in-ding om te gaps.
Dit het my laat wonder oor watter weird goed al gesteel is. Toe raadpleeg ek vir dr. Google, wat ál die antwoorde het, en meer as 27 900 000 soekuitslae is binne sekondes opgedis.
Ek het 'n paar van die vreemder diefstalle gaan soek. Soos byvoorbeeld: Daar is verlede jaar vyf ton Nutella met 'n waarde van U$18 000 (of 6 875 botteltjies om presies te wees) uit 'n trok in Duitsland gesteel. Of wat van die meer as 9 000 kg kaas wat in die Wisconsin-area spore gekry het?
Maar dis nie net klein goed wat verdwyn nie. In 2012 het 'n groep staaldiewe in die Tsjeggiese Republiek 'n hele brug gesteel. Dit is nooit teruggevind nie.
In dieselfde jaar het 'n Chileense entrepreneur vyf ton ys van 'n Patagoniese gletser gegaps, kamma om as “ontwerper”-ys te verkoop. Kleiner maar ewe vreemd is 'n vakansiehuis langs Loon Lake in Washington wat in 2015 verdwyn het. Die diewe was blykbaar nie daarmee tevrede om net die inhoud te steel nie.
Toe 'n vuurpylenjin via eBay te koop aangebied is, het NASA onraad vermoed. Presies hoe iemand dit reggekry het om 'n Saturn RL-10-vuurpylenjin te steel en boonop te probeer verkoop, bly 'n raaisel.
In ander “groot” diefstalnuus het 'n stel brons olifante in Ojai, Kalifornië, weggeraak. Die 1,8 m-beelde is as “baie swaar” beskryf en meer as U$4 000 elk werd. Hulle is nou nog soek. Die mangatdeksel-diewe in Windhoek het nog baie om te leer.
Dan is daar die makabere ook. 'n Besoeker aan die Body Worlds-uitstalling in Nieu-Seeland het besluit om twee tone (nogal met 'n waarde van U$5 500!) van 'n kadawer af te steel. Net gross.
Ewe jig is dat Thomas Stoltz Harvey – die patoloog wat die nadoodse ondersoek op Albert Einstein gedoen het – besluit het om laasgenoemde se brein vir homself te hou. As jy wil, kan jy 'n gedeelte van die brein in die Mutter-museum in Philadelphia van nader aanskou.
En 'n laaste diefstal – die keer nader aan ons: Twee dronk studente het 'n bedreigde pikkewyn by 'n mariene park in Suid-Afrika gesteel en daarna vir “Buddy” in die natuur vrygelaat. Ongelukkig het die arme pikkewyn geen oorlewingsvaardighede gehad nie en het hy waarskynlik vinnig 'n ander dier se kos geword.
Goed gedoen, ouens. Amper so goed soos ons eie ambulansdiewe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie