Delta is lankal hier
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan verdere genoomtoetsing doen om te bepaal of die variant ook in die res van die land is.
Henriette Lamprecht – Die hoogs aansteeklike Delta-variant is in 17 uit 18 weefselmonsters van bevestigde Covid-19-gevalle in die Khomasstreek gevind. Dit is gister deur die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, bevestig.
Die weefselmonsters is vir genoomtoetsing na die Universiteit van Namibië (Unam) in samewerking met die Navorsingsentrum Borstel asook die Robert Kock-instituut in Duitsland gestuur. Die toetsing dek weefselmonsters van bevestigde gevalle wat in Mei en Junie in die Khomasstreek aangemeld is.
Volgens Nangombe was dié variant teen Saterdag in 98 lande oraloor die wêreld en is dit vinnig besig om in vele lande die dominante variant te word.
Nangombe sê volgens genoomdata en epidemiologiese studies kan Delta beduidend meer oordraagbaar as ander variante van kommer (VoC) wees, ingesluit Beta (30% tot 60% meer oordraagbaar) en kan dit ook ongeveer twee keer meer oordraagbaar wees as die vorige VoC.
Volgens hom sal meer genoomstudies in die komende weke uitgevoer word om te bepaal in watter mate die variant in die res van die land teenwoordig is.
Netwerk24 berig die die Delta-variant versprei 50% vinniger as die Alfa-variant, wat 50% meer aansteeklik is as die oorspronklike coronavirusstam. Dit beteken die nuwe variant is 75% meer aansteeklik as die oorspronklike stam.
Data uit Engeland wys die meeste coronaviruspositiewe gevalle van Februarie tot Junie was onder mense jonger as 50 jaar. Daar was veral ’n hoë voorkoms van die variant onder mense wat nog nie ingeënt is nie, berig CNBC.
Hoewel navorsing in Skotland al bevind het dat Delta meer geneig is om mense in die hospitaal te laat beland as ander variante, is daar nog geen ondersteunende navorsing dat dit mense sieker maak as ander variante nie, sê prof. Wolfgang Preiser, hoof van die afdeling vir mediese virologie aan die Universiteit Stellenbosch (US).
Indien hulle wél siek word, is die simptome meestal gering tot matig en hul kans om te sterf is uiters klein.
Volgens hom is ’n paar nuwe simptome van die Delta-variant in ander lande bespeur en sluit hoofpyn, seer keel, loopneus en ’n geniesery in. Koors, reuk- en smaakverlies is weer minder algemeen.
Hoewel Namibië die afgelope dae minder nuwe gevalle per dag rapporteer as die rekords van sowat 2 500 op beide 23 en 24 Junie, bly die persentasie hoog van toetse wat positiewe uitslae toon.
Saterdag was die verhouding opnuut 49%. Op die rekorddae hierbo was dit onderskeidelik 48% en 57%.
Gemeet oor sewe dae is die gemiddelde positiwiteitskoers tans 44% – steeds meer as vier uit elke tien toetse. Dit dui daarop dat die derde golf nie noodwendig reeds ‘n kruin bereik het nie.
Gemeet oor sewe dae het die gemiddelde gevalle per dag wel van 1 827 op 27 Junie tot 1 491 verminder. Daarna is egter minder toetse gedoen.
– Bykomende bron: Netwerk24
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie