Demensie is nie heksery
Die geloof in toordery vuur die stigma aan wat aan mense met demensie kleef.
Henriette Lamprecht - Sommige Namibiërs met demensie word as hekse beskou.
Hulle word verstoot, geïsoleer en vasgeketting met baie min kos of water.
Soms word dié mense selfs doodgemaak.
Die onwrikbare geloof in toordery, antiretrovirale(ARV)-verwante newe-effekte, opvattings oor Westerse medikasie en wette wat nie toegepas word nie is sleuteloorsake van die stigma wat kleef aan mense in Afrika met demensie.
In 2050 sal ’n beraamde 152 miljoen mense met demensie leef, waarvan 68% uit middel- en lae-inkomstelande sal kom.
Elke drie sekondes word iemand met die siekte gediagnoseer, en dít sluit slegs diegene in wat by ’n dokter kan uitkom of een kan bekostig, sê Berrie Holtzhausen van AlzheimersDementiaNamibia (ADN).
“In Namibië kos ’n volle ondersoek om te bepaal of iemand demensie het sowat N$6 000. Die grootste deel van die bevolking het nie ’n mediese fonds nie en het skaars genoeg geld om een ete per dag te bekostig,” sê hy.
Ondersteuning vir ADN is min, ondanks verskeie skrywes aan regeringsdepartemente en ’n pleidooi van die voormalige minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Bernard Haufiku, aan personeel, sê Berrie.
Die proses om toestemming te kry om veral onder gemeenskappe in die Noorde van die land te werk, het reeds in November 2015 begin.
Konings en hoofmanne moet die jawoord gee dat inwoners van demensie bewus gemaak kan word.
In Junie vanjaar kon Berrie uiteindelik daarin slaag om die groenlig by hompa (koning) Alfons Kaundu van die Mbunza- Tradisionele Owerheid te kry.
Volgens Berrie het Kaundu aan toordery begin twyfel en begin bevraagteken of toordokters altyd die waarheid verkondig.
Dit omdat hy (Kaundu) sê hy kan nie sien of iemand ’n heks is of nie.
Kaundu meen toordokters “maak net geld uit my mense”.
‘AANVAARBAAR OM TE DISKRIMINEER’
Die geloof in toordery is ’n sentrale en sterk aanvaarde konsep in Afrikakulture, sê Berrie.
“Die geloof in toordery, MIV/vigs, opvattings oor Westerse medisyne en wette wat nie toegepas word nie, is sleuteloorsake van die stigma oor mense in Afrika wat met demensie leef,” sê hy.
Dié stigma lei tot die oortuiging dat dit aanvaarbaar is om te diskrimineer teen mense wat met demensie leef.
Volgens Berrie is geen of onvoldoende inligting in Afrika suid van die Sahara oor demensie beskikbaar.
“Voor enige organisasie of persoon selfs net daaraan dink om die mure van stigma in Afrika deur middel van bewusmaking en onderrig af te breek, moet demensie verstaan word in die konteks van die geloof in toordery as een van die pilare van Afrikakulture.”
Hy sê dié stigma sal nie verbreek word tensy menseregteskendings teenoor sogenaamde hekse en towenaars nie as boos en onaanvaarbaar ontbloot word nie.
MIV/vigs
MIV-verwante demensie is ’n baie algemene oorsaak van demensie in Afrikalande en is meer algemeen as alzheimers in lande soos Namibië, Suid-Afrika en Kenia.
Sowat 23,8 miljoen uit die 34 miljoen MIV-positiewe mense wêreldwyd bly in Afrika, waarvan 69% in Afrika suid van die Sahara is.
Van die newe-effekte van antiretrovirale behandeling vererger opvattings oor toordery, sê Berrie. Een van dié behandelings, genaamd EFV 600 mg (Efavirenz), se newe-effekte sluit onder meer geestesongesteldhede in.
“Die stryd teen stigma in Afrika suid van die Sahara kan nie sonder die regte medikasie en goed opgeleide dokters en verpleegsters gewen word nie. Daar moet gefokus word op belangrike feite soos dat toordery ’n werklikheid is, en ook op die baie spesifieke verband tussen MIV/vigs en demensie in Afrika,” sê hy.
Volgens Berrie is dit noodsaaklik om die oorsaak van die siekte en die diagnoses in besonderhede met pasiënte en hul versorgers te bespreek.
Dit sluit in verduidelikings oor onder meer watter doel met die medikasie bereik wil word (virale onderdrukking), sowel as die moontlike newe-effekte wat die pasiënt kan ervaar.
“Mense moet duidelike voorbeelde gegee word van hoe newe-effekte verkeerdelik as tekens van toordery gesien kan word.”
In die lig hiervan en om gemeenskappe beter te ondersteun, gaan ADN ’n geregistreerde verpleegster met 11 jaar se ervaring in die evaluering, bewusmaking en onderrig van mense met MIV/vigs in diens neem.
PSIGOSE
“Die kombinasie van MIV-behandelings het baie newe-effekte, wat meestal psigose insluit. Dit behels onder meer om met jouself te praat, sleeptong te praat, hallusinasies, slaperigheid en geheueverlies. Dit het al baie dokters mislei omdat hulle dié simptome nie as newe-effekte van die medikasie herken nie.”
Volgens Berrie is dié stand van sake onder die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se aandag gebring, en vanjaar is nuwe riglyne geïmplementeer sodat almal wat weens newe-effekte van Efavirenz gehospitaliseer word op ’n ander ARV-behandeling geplaas word.
Die aanbevole dosis Efavirenz is hersien en van 600 mg na 400 mg verminder.
In die dokumentêre fliek The African Witchfinder, wat in 2016 verfilm is, word die werklikheid duidelik uitgebeeld van toordery en die stigma rondom mense in landelike gebiede in Namibië met demensie.
“Die geloof in toordery kweek angs, onsekerheid, agterdog en wantroue. Dit word aangevuur deur vrees, jaloesie en drome, en skep die perfekte klimaat vir stigma in ’n gemeenskap wat toordery steeds as deel van hul kultuur aanvaar.”
WAT Sê DIE WET?
Baie Afrikalande suid van die Sahara het ’n wet wat toordery onderdruk.
Tog sê Berrie word dit nie sommer toegepas nie omdat dit dikwels as diskriminerend beskou word.
Volgens die Regsnavorsings- en ontwikkelingskomitee (LRDC) in Namibië is dié wet verouderd, diskriminerend en beskuldigend.
“’n Gekombineerde en moderne wet moet ontwikkel word wat die individu se reg op vryheid balanseer met die skade verwant aan toordery. Die wet het dit dus ’n strafregtelike oortreding gemaak in Afrika om tradisionele maniere te gebruik om siekte, sterftes of teenspoed te verklaar.”
WAPENS IN DIE STRYD
Volgens Berrie is die wapens in die stryd teen stigma en diskriminasie bewustheid, onderrig, die Namibiese Grondwet en die wet wat toordery onderdruk.
“Wette kan en sal nooit kultuur kan verander nie, maar wette verander die gedrag wat die stigma en diskriminasie in kulture kan verander.”
Ter viering van Alzheimersmaand het Alzheimers Disease International (ADI) ’n omvattende verslag, die eerste in sy soort, oor mense oraloor die wêreld se siening van demensie vrygestel.
Meer as 700 000 mense in 155 lande en gebiede is hierby betrek.
Die verslag dui op ’n ontstellende wêreldwye gebrek aan kennis oor alzheimers.
Hiervolgens glo twee derdes van mense die siekte is ’n normale aspek van veroudering eerder as ’n neurodegeneratiewe versteuring.
Elke drie sekondes begin iemand iewers in die wêreld simptome van demensie ontwikkel.
Tog word die meeste mense wat met demensie saamleef nie daarmee gediagnoseer nie en ontvang nie ondersteuning nie.
Demensie eis jaarliks ’n tol van meer as US$1 triljoen mense – ’n syfer wat teen 2030 kan verdubbel, sê die verslag.
Demensieverwante sterftes het tussen 2000 en 2016 meer as verdubbel, wat dit in 2016 die vyfde grootste oorsaak van sterftes wêreldwyd gemaak het.
Stigmas rondom demensie weerhou mense daarvan om inligting, raad, ondersteuning en mediese hulp te soek, wat volgens die verslag die lengte en gehalte van lyers aan een van die wêreld se snelgroeiendste siektes kan verbeter.
Na verwagting sal mense wat met demensie leef teen 2050 meer as vertrippel van die huidige meer as 50 miljoen tot 152 miljoen. Mense wat aan die opnames vir die verslag deelgeneem het, sluit versorgers van mense met demensie, gesondheidslui en die algemene publiek in.
‘GROOTSTE STRUIKELBLOK’
Byna 50% van respondente glo iemand met demensie se geheue gaan nooit, selfs met mediese ondersteuning, verbeter nie.
Een uit elke vier mense dink niks kan gedoen word om die siekte te keer nie.
Volgens ADI se uitvoerende hoof, me. Paola Barbarino, is stigma die enkele grootste struikelblok in die verbetering van die manier waarop mense met demensie saamleef.
“Op individuele vlak kan stigma lewensdoelwitte ondermyn, deelname aan betekenisvolle aktiwiteite verminder en lewensgehalte verlaag,” sê Barbarino.
Die verslag sê ook sowat 50% van mense wat met demensie leef, voel hulle word deur gesondheidslui (dokters en verpleegsters) geïgnoreer, terwyl 33% voel dokters sal nie na hulle luister nie.
Die meeste van die respondente (95%) was ook oortuig hulle gaan demensie in hul leeftyd ontwikkel, terwyl meer as twee derdes ’n genetiese profieltoets sal neem om te bepaal of hulle ’n risiko het om die siekte te ontwikkel.
Wêreldwyd is alzheimers en ander vorms van demensies die vyfde grootste oorsaak van sterftes.
Volgens die demensie-blogger en joernalis Pippa Kelly spruit stigma uit vrees.
“Vrees kweek stilte wat op sy beurt tot onkunde en misverstand lei."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie