Demokrasie in ons hande
Demokrasie in ons hande

Demokrasie in ons hande

Dani Booysen
Vanjaar se bevindinge van die Afrobarometer se navorsing moet elke Namibiër nie net tot kommer stem nie, maar tot positiewe optrede.

Minder as ‘n derde van inwoners (29%) beskryf hul lewensomstandighede as baie of redelik goed – die minste ooit. Ook voorkeur vir demokrasie (56%) en vertroue in demokrasie (52%) het die laagste punte bereik sedert die opname die eerste keer in 1999 gedoen is.

Die afgelope twee dekades het ons demokrasie dus nie sterker en beter geword nie.

Maar Namibiërs durf nie die hande in die lug gooi nie. Net ons kan beheer oor ons demokrasie, ons regering en ons lot neem. Enige ander opsie sal ‘n ramp vir ons land en ons almal wees.

“Dit is verskriklik belangrik om te gaan stem; nou meer as ooit tevore,” het mnr. Christie Keulder, die man aan die stuur van die Namibiese hoofstuk van die Afrobarometer, Vrydag in ‘n onderhoud op ons Facebook-program Kletskompas gesê. “Gaan stem en hou jou party verantwoordelik,” was sy boodskap.

Die agteruitgang van vertroue in Swapo kan nie outomaties opposisiepolitiek laat herlewe nie. Sogenaamde “eenmanpartye” en die wat nie alternatiewe bied of gehoor aan hul kiesers gee nie, moet ewe veel as die regering tot verantwoording gedwing word.

Wat ook soos ‘n paal bo water staan, is dat groot kopskuiwe in opposisiegeledere en hul benadering tot kiesers en verkiesings nodig is om die demokrasie te versterk.

Kyk na die volledige onderhoud by https://q.my.na/5mrU.

So sê ander

21 Oktober 2019

Brexit-chaos raak by die dag net groter

Laat dit reguit gesê word, sonder om doekies om te draai: Wat ’n mens ook al in beginsel van Brexit wil dink, die Britse politici se hantering van die proses is ’n skande vir hul land.

Die laer huis het nou al vyf, ses keer oor aspekte van die saak gestem. Telkens kon ’n meerderheid gemonster word téén iets, maar nooit vír iets nie.

Dit was Saterdag weer die geval. Toe moes die laer huis premier Boris Johnson se gewysigde ooreenkoms met die Europese Unie (EU) goedkeur, maar wéér het dit misluk.

Daar gaan stemme in Brittanje op om Johnson van minagting van die hof aan te kla, iets waarvoor hy in teorie tronk toe kan gaan.

Wat die saak nog verder kompliseer, is die massiewe weerstand wat in die land teen Brexit opbou. Peilings wys dat tot 55% van die mense in die EU wil bly, en tot ’n miljoen Britte was Saterdag in een van die grootste betogings ooit in Londen op die been om teen Brexit te protesteer.

Om alles te kroon het die meeste parlementslede van die Arbeidersparty teen hul links-populistiese leier, Jeremy Corbyn, in opstand gekom en hul party se steun vir ’n tweede referendum uitgespreek. Daarmee is dié party ’n millimeter van ’n skeuring.

Die proses is chaoties. En dié chaos word stelselmatig net groter.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!