Demokrasie is die wenner
Namibië se sesde algemene verkiesing sedert 1990 het in verskeie opsigte dramatiese en geskiedkundige uitslae opgelewer.
Hoewel die stempersentasie (net meer as 60%) die laagste in 25 jaar was, het ou en nuwe opposisiepartye Swapo stywer opdraande as ooit gegee. 'n Groter opkoms kon die prentjie dalk nog meer dramaties verander het.
In Swapo se verdeelde binnekamers is diepe besinning nodig as die party 'n herhaling in volgende jaar se verkiesings van plaaslike en streekowerhede, asook voortgesette agteruitgang in 2024 wil verhoed.
Benewens talle administratiewe probleme op stemdag kon die Verkiesingskommissie (ECN) ook nie sy onderneming gestand doen om alle uitslae reeds Vrydag aan te kondig nie. Weens die elektroniese stemproses moet dit binne 'n dag kan geskied. Drie dae se gewag teenoor vyf dae in 2014 is beter, maar nie goed genoeg nie.
Die sloerdery is 'n teelaarde vir kritiek, beweringe dat uitslae gekook is en vir samesweringsteorieë – al is daar geen/min bewyse van kiesbedrog.
Die ECN het beweer 97% van stembusse het betyds geopen, maar volgens SADC-waarnemers was net 62% van stempunte waar hulle teenwoordig was om 07:00 gereed.
Die ECN moet, soos onderneem, die land deursigtig en volledig oor alle probleme inlig.
Vandag se “So sê ander” (onder) is gekies weens stellings wat onwaar bewys is en selfs ronduit aanvegbaar is. Die Zimbabwiese rubriekskrywer het weliswaar al Donderdag die pen aan papier geslaan . . .
Die feite: Swapo se magsbasis is ernstig aangetas en 30 jaar se ystergreep op landsake kan nog verder uitkalwer.
So sê ander
1 Desember 2019
SADC shines as Namibia elections end peacefully
Last Wednesday, the curtain finally came down on SADC elections, with the holding of presidential and national assembly elections in Namibia.
The successful holding of peaceful elections in the Land of the Brave caped a tremendous year for SADC which this year held elections in Mozambique, Botswana, Mauritius and Namibia.
Ruling parties in all the countries that held elections maintained their dominance in both the presidential and parliamentary vote.
Many will remember that Namibia was the first country in the region to use electronic voting and once again the system proved efficient and transparent.
None among contemporary former liberation movements that are governing parties in their respective countries have managed to maintain the degree of support that Swapo has consistently managed to attain in successive elections. While Geingob might not get the same numbers this time around, he and his party are nevertheless assured of victory.
The coming into the fold of the born frees has somewhat changed the complexion of the voting patterns.
All in all, democracy triumphed and the region can take pride in being able to entrench a tradition of holding credible, free and fair elections.
• THE SUNDAY MAIL (ZIMBABWE – RANGA MATAIRE)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie