Demokrasie kry nuwe lewe
‘n Navorser sê die afgelope verkiesings stuur ‘n duidelike boodskap aan Swapo om sy relevansie te herwin, terwyl die konsolidering van ‘n versterkte opposisie die volgende vyf jaar belangrik sal wees.
• Dani Booysen
Swapo het volgens die verkiesingsuitslae wat eers Saterdagaand ná 21:00 aangekondig is sy tweederdemeerderheid in die Nasionale Vergadering (NV) naelskraap verloor.
Die regerende party se persentasie stemme (65,5% - 14,5% minder) was die laagste sedert 1989. Swapo het 14 setels verloor.
Met net 56,3% (30% minder) van stemme het dr. Hage Geingob die swakste van enige Swapo-kandidaat sedert 1994 gevaar.
Die grootste oorsaak was die wegswaaistem van 29,4% in dr. Panduleni Itula, ‘n onafhanklike kandidaat uit Swapo-geledere, se guns, sê mnr. Christie Keulder, ‘n politieke navorser.
Hy lees Swapo se vertoning as ‘n teken dat die regering nie met talle uitdagings in die land en ‘n veranderende stembevolking se behoeftes kon tred hou nie. Faksiepolitiek sal volgens Keulder aangespreek moet word en Swapo sal ‘n nuwe relevansie vir kiesers moet vind. Die kiesuitslae toon volgens Keulder ook kiesers is al meer bereid om van Swapo te verskil.
Die Popular Democratic Movement (PDM) het met 16 setels (11 meer) sy status as amptelike opposisie aansienlik verstewig. Die party het die United People’s Movement (UPM) as koalisievennoot gehad.
Dit is die PDM se meeste setels sedert die 21 wat die toenmalige Demokratiese Turnhalle Alliansie (DTA) in 1989 verower het. Die beëindiging van Swapo se tweederdemeerderheid was ‘n sleutelstrydkreet in die PDM-veldtog.
Gesamentlik het die opposisie net meer as ‘n derde van stemme ontvang.
Ná die Verkiesingskommissie (ECN) se nuuskonferensie het Geingob gesê daar was vanjaar strawwe teenstand. “Demokrasie was die grootste wenner,” het hy oor sy en Swapo se aansienlik swakker vertonings gesê.
SWAK OPKOMS
Gemiddeld het net sowat 61% van kiesers gestem. Bywoning was persentasiegewys die swakste ooit, en die wegblystem van byna 40% die grootste nog.
Volgens Keulder bewys dit die tendens dat net “lojaliste” weens toenemend swakker identifisering met partye nog stem. Die opposisie se beter vertoning dui op beter mobilisering, maar Keulder sê oral is nie noodwendig net stemme van Swapo gebuit nie.
Die ECN moet volgens Keulder eerder voortaan die ware opkoms meet – aan die totale stemgeregtigde bevolking en nie net geregistreerde kiesers nie. In Suid-Afrika staan die syfer op sowat 40%.
Die Landless People’s Movement (LPM) het naas die PDM die beste gevaar en vier setels gewen met dié wegbreekbeweging uit Swapo se debuut by die stembus. Die party se ondersteuning was die sterkste in die //Kharas- en Hardapstreke.
Alle ander opposisiepartye kon net twee of ‘n enkele setel bekom. Die verrassingspakkies was die Namibian Economic Freedom Fighters (NEFF), wie se radikale boodskap – met die voordeel van die uitskotstem – hulle twee setels besorg het, en die Christian Democratic Voice (CDV), wat sy eerste buiging in die NV sal maak.
Die Republikeinse Party (RP) het beslis stemme van voormalige vegters van die SWA Gebiedsmag en Koevoet gewen. Die party het beloof om hom vir amptelike veteranestatus vir die oudstryders te beywer.
Die destydse National Patriotic Front (NPF), wat ook hierdie oudvegters se stemme wou hê, kon nie hond haar af maak nie.
Tweespalt in die Rally for Democracy and Progress (RDP) het sy tol geëis. Die party het nog twee setels verloor.
Baie jeugdiges van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) uitmaak, het duidelik hul gewig agter Itula gegooi, maar die onafhanklike kandidaat het volgens kiespatrone ook stemme van ander partye se kandidate afgerokkel.
Die opposisie se uitdaging is volgens Keulder om hul posisie in samewerking met mekaar verder te konsolideer voor 2024. “As ‘n mens net al hul setels met die van Swapo vergelyk, is dit reeds ‘n veel gesonder ‘tweepartystelsel’,” merk hy op.
Die uitdaging lê volgens Keulder dalk meer by leiers wat nie “onder” ‘n ander wil dien nie as ideologiese verskille.
STREKE EN KIESAFDELINGS
Swapo het gebloei in vyf streke, waarin die opposisie saam nou meer as 50% van ondersteuning geniet. Dit is Kunene, Erongo, Khomas, Hardap en //Kharas. In 2014 was dit net in Kunene die geval.
Die regerende party se tradisionele magsbasisse in die res van die land was sy redding.
Opposisiepartye het 11 kiesafdelings gewen (ses meer). Die PDM het Opuwo-Landelik behou en Nudo vir Okakarara, Otjinene en Aminuis. As koalisievennoot het die UPM Rehoboth-Wes in die PDM se guns help beklink.
Swapo het die volgende kiesafdelings afgestaan: Epupa (PDM), Karasburg-Oos, Keetmanshoop-Landelik, Keetmanshoop-Stedelik, Berseba, Gibeon en Daweb (almal LPM).
Buiten vir Epupa, Sesfontein, Daures en Katutura-Sentraal het die opposisie nou gesamentlik meer stemme in 12 bykomende kiesafdelings: Opuwo-Stedelik, Khorixas, Swakopmund, Arandis, Walvisbaai-Stedelik, Walvisbaai-Landelik, Windhoek-Landelik, Windhoek-Oos, Windhoek-Wes, Khomasdal, John Pandeni, Rehoboth-Landelik, Mariental-Stedelik, Mariental-Landelik en Aranos.
Swapo het algehele beheer in talle kiesafdelings net-net behou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie