Demokrasie-party maak skoonskip in Griekse verkiesing
Griekeland se konserwatiewes het skoonskip by die stembus gemaak en die linkses, wat tans aan die bewind is, ontsetel.
Dié swaai is waarskynlik die gevolg van ontevredenheid met besteding deur die Europese Unie (EU), asook ernstige werkloosheid in Griekeland.
Peilings het getoon die Nuwe Demokrasie-party loop voor met tussen 38% en 42% van die stemme, wat ’n regstreekse meerderheid in die parlement sal bied.
’n Amptelike raming deur die departement van binnelandse sake het die Nuwe Demokrasie-party 39,8% gegee en Syriza, ’n radikale linkse party, sowat 31,5%.
Die Nuwe Demokrasie-party, gelei deur die opposisieleier Kyriakos Mitsotakis, sal tussen 155 en 167 setels in die parlement van 300 lede wen.
Die premier, Alexis Tsipras, het Mitsotakis reeds gebel en hom gelukgewens.
Mitsotakis sal na verwagting Maandag as premier beëdig word.
“Griekeland het aan Europa gewys dat dit tyd is om populisme agter te laat,” sê Anna Michelle Asimakopoulou, ’n senior lid van die Nuwe Demokrasie-party.
Mitsotakis (51) is in 2016 as leier van die party aangewys.
Hy word as liberaal beskou, maar die party het ook lede met meer regse sienings.
Golden Dawn, ’n verregse party, het noemenswaardige steun verloor en voorlopige aanduidings is dat dié party nie in die parlement verteenwoordig sal wees nie.
“Die basiese rede vir die uitslag is die ekonomie. In die afgelope vier en ’n half jaar het mense geen verbetering gesien nie, inteendeel, salarisse en pensioene het verswak,” sê Theodore Couloumbis, ’n politieke ontleder.
Griekeland het sedert 2010 ’n finansiële krisis ervaar en het drie kontantinspuitings van sy EU-vennote gekry.
Alle aandag is nou op Mitsotaki en sy keuse van die ministers van finansies, energie, ontwikkeling en buitelandse sake. Hy het tydens sy veldtog niks oor dié posisies laat val nie.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie