Denel betaal uiteindelik sy werknemers se taks
William Horne – Die staat se wapentuigvervaardiger het amptelik vyf maande van sy werknemers se agterstallige belasting en werkloosheidsversekering aan die owerhede betaal.
Sedert April het Denel te midde van ’n enorme kontantvloeikrisis aftrekkings van sy 3 700 werknemers se salarisse gemaak, maar dit nie oorbetaal aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) nie.
Solidariteit het in Augustus ’n bevel van die hooggeregshof in Pretoria gekry wat Denel gelas om dié betalings te maak. Hy het hom tot die hof gewend omdat veral die versuim om inkomstebelasting aan die SAID oor te betaal, sy lede blootgestel het aangesien werknemers uiteindelik verantwoordelik is vir hul belastingbetalings al word dit deur hul werkgewer bestuur.
Denel se werknemers was tot Augustus onbewus daarvan dat hulle aftrekkings nie aan die SAID oorbetaal is nie.
Denel sukkel reeds van Junie af om sy werknemers se salarisse ten volle en betyds te betaal en moes verskeie noodlenings aangaan om sy maandelikse salarisrekening van R150 miljoen te dek.
Pam Malinda, woordvoerder van Denel, het die betalings aan Jan Taks en die WVF Dinsdag aan Netwerk24 bevestig.
“Alle agterstallige betalings vir werkloosheidsversekering en betaalstaatbelasting is nou gemaak,” het Malinda per e-pos gesê.
Dit kom slegs vier dae nadat Denel ’n R1,8 miljard-reddingsboei van die staat af ontvang het.
Denel se sperdatum om die betalings aan die SAID en die WVF te maak was 31 Augustus kragtens die bevel wat regter Hans Fabricius op 20 Augustus gemaak het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie