Denel bou kanonlope vir oerwoud
Die kontrak met die Maleisiese weermag is vir die lewering van 177 kanonlope in verskillende formate, asook 216 laserbeheerde teentenkmissiele.
Francois Williams – Denel het pas die 100ste modulêre kanonloop vir pantservoertuie aan die Maleisiese weermag gelewer as deel van ’n uitvoerkontrak van €342 miljoen (sowat R5,5 miljard).
Dié kontrak is tans die grootste uitvoerkontrak vir die staatsbeheerde wapentuigvervaardiger.
Danie du Toit, uitvoerende hoof van Denel, het verlede week in die parlement gesê ’n groot uitvoerkontrak sal binnekort aangekondig word wat sy grootste kontrak tot nog toe sal wees, maar hy kon nog nie meer besonderhede gee nie. Dit behels missielbeheerstelsels vir ’n buitelandse vloot.
Die kontrak met die Maleisiese weermag is vir die lewering van 177 kanonlope in verskillende formate aan die Maleisiese weermag se AV8-pantservoertuig, asook 216 laserbeheerde Ingwe-teentenkmissiele.
Mxolisi Makhatini, uitvoerende hoof van Denel Landward, sê die mylpaal om die 100ste kanonloop aan Maleisië te lewer, wys Denel se leiersrol in landgebaseerde verdedigingstelsels en sy vermoë om gevorderde tegnologiestelsels vir die internasionale markte te lewer.
Makhatini verduidelik die kontrak behels ’n groot hupstoot vir klein en middelslag vervaardigers in Suid-Afrika omdat Denel miljoene rande se toerusting en dienste van plaaslike verskaffers moet aankoop om sy kontrakverpligtinge na te kom.
Makhatini sê hy is uiters trots op Denel se prestasie in die Maleisiese kontrak, want dit kom te midde van die groep se kontantvloeiprobleme en herorganisasie. “Ons kon gefokus bly en die 100ste kanonloop volgens spesifikasie en betyds aan ons kliënt lewer. Ons het ’n uitstekende werkverhouding met ons Maleisiese vennote gebou en wil hierop voortbou vir nog uitvoergeleenthede in opkomende markte.”
Die kanonlope is ontwerp vir tropiese en oerwoudtoestande. Die AV8 is ’n amfibiese pantservoertuig. Die kontrak vereis die integrasie van produkte van 13 verskillende vervaardigers. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie