• Tuisblad
  • Sake
  • Departement daag nie op om staalbedryf te hoor
Departement daag nie op om staalbedryf te hoor
Departement daag nie op om staalbedryf te hoor

Departement daag nie op om staalbedryf te hoor

’n Vergadering met vakbonde oor die beoogde aflegging van sowat 2 000 werkers van die staalmaatskappy ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) het nie vrugte afgewerp nie, meen die vakbond Solidariteit.

Solidariteit het die departement van handel en nywerheid ook na dié vergadering genooi, maar niemand van die departement het opgedaag nie, het Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, Donderdag gesê.

Die vergadering met Amsa was veronderstel om groter duidelikheid te gee oor die proses.

“Ons is nie tevrede met Amsa se terugvoering oor die rede waarom so baie poste moontlik geraak gaan word nie,” sê Croucamp.

Solidariteit het die departement op 6 Augustus oor die vergadering ingelig sodat amptenare eerstehands kon hoor wat die uitdagings is wat die staalgroep in die gesig staar.

STRAWWE MEDEDINGING

Amsa voer aan stygende kragpryse, stygende vragpryse van Transnet, en strawwe mededinging van goedkoop ingevoerde staal uit China knou sy winsgewendheid.

“Dit is teleurstellend dat die departement van handel en nywerheid nie opgedaag het nie, en ons het ook geen terugvoering van die departement gekry oor ons uitnodiging om die vergadering by te woon nie,” sê Croucamp.

Volgens Croucamp hou Amsa se redes vir die afleggings nie water nie, en Solidariteit het die bestuur van Amsa versoek om ’n volledige impakstudie te doen en met die volgende vergadering deeglike terugvoering te gee oor die redes waarom byna 2 000 poste geraak word.

“Ons voel sterk dat geen werknemers deur die proses geraak moet word nie.”

Solidariteit het reeds sy navorsingsinstituut opdrag gegee om ’n onafhanklike impakstudie te doen om die uitdagings in die breër staal- en vervaardigingsbedryf te ondersoek. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!