Derbies bring die skerp kant na vore
Derbies bring die skerp kant na vore

Derbies bring die skerp kant na vore

Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die skoen is aan die ander voet in die derbywedstryde tussen tradisionele “aartsvyande” wat môre vir agt spanne in die Namibië Rugby-unie se premierliga voorlê.
Al vier wedstryde sal herontmoetings soos op die eerste naweek van die ligaseisoen in vroeg-Maart wees, maar hierdie keer word die tuisvoordeel omgeruil.
Ironies genoeg was al die besoekende spanne laas aan die wenkant.
Die onoorwonne ligavoorloper, FNB Wanderers, het twee maande gelede vir United met 36-31 gedomineer ondanks ’n oorweldigende string strafskoppe wat die wenspan se momentum grootliks ondermyn het.
United bevind hom vandeesweek in die tweede plek op die puntelys en verwelkom die groot slot Jandre Lamprecht terug op sy reserwebank ná ’n lang afwesigheid met beserings.
Lamprecht se gewig en aggressie kan nodig raak teen die Wit Hingste wat vanjaar nog nie voorlangs hul moses teëgekom het nie.
Wanderers se afrigter, JP Nel, sou eers gisteraand of vanoggend sy eerste span uitgeklaar het.
“Baie van ons manne oefen mos tot Woensdae by die Curriebekerspan. Ons het wel dié week vir Herman Krause, Arthur Bouwer, Malcolm Moore en Riaan van Zyl teruggekry. Verder probeer ons om ook ’n wedstryd tussen die klub se derde spanne gereël te kry, indien United instem,” sê Nel.
• FNB Western Suburbs het verlede naweek van tweede tot vierde teruggesak en het môre ’n taai besoeker op Suburbspark in die vorm van die verdedigende kampioen, FNB Unam.
Die Khomasdallers het Darryl de la Harpe teruggekry om in hul middelveld te gebruik. Toe hulle op 5 Maart by die studente besoek afgelê het, was heelagter Ricardo Swartz se skopskoen die groot faktor in die sege met 26-20.
“Ons het heelwat sleutelspelers afwesig wat in die Curriebekerspan is en ’n man soos Brendon Walters het ook al drie wedstryde met ’n liesbesering misgeloop. Ons verwag ’n baie uitdagende en aanskoulike wedstryd teen Unam. Agterna sal die twee spanne saam braai en die Stormers teen die Bulle kyk,” sê mnr. James Camm van Suburbs.
• Op Walvisbaai sal Kudus as tuisspan geen glips kan bekostig as hy in die wedloop wil bly om soos in 2015 die halfeindstryd te haal nie.
Kudus (tans sesde) kry besoek van die Swakopmunders Dolphin (agtste), wat hulle op die eerste naweek net toegelaat het om met 10-9 te wen.
’n Aanwins vir Kudus is die terugkeer van Aurelio Plato na die reserwebank. Die losskakel het weer in sy tuisdorp kamp opgeslaan ná sy vroeër studies in Suid-Afrika.
• Wanneer die plaaslike Reho Falcon en Rehoboth Rugbyklub slaags raak, is dié suidedorp gewoonlik ook in rep en roer.
Die vyfde geplaaste Falcon is in die vyfde plek en het tien ligapunte meer as die Rooi Bulle, wat gewis hul beste voet moet voorsit om ’n uitslag soos die eerste naweek se oorwinning met 22-20 te herhaal.

DIE SPANNE:
Trustco United: 15 Jamie Joseph, 14 Stefan Louw, 13 Handré Bezuidenhout, 12 Martin Cronjé, 11 Nandivatu Karuuombe, 10 Robbie Dickson, 9 Morné Blaauw, 8 Naudé Neethling, 7 Morné Blom, 6 Dewald Coetzee, 5 Adriaan Cloete, 4 Winmar Rust (kapt), 3 Collen Smith, 2 Niel van Vuuren, 1 Arno von Wielligh.
Reserwes: Clinton de Klerk, Marius Louw, Jandre Lamprecht, Panduleni Ilonga, Donovan van Wyk, Ascher Coetzee, Keanen Titus.
Kudus: 15 Elmo van der Byl, 14 Nicasio ­Schoombe, 13 Tarasio Croza, 12 A.J. Jevu, 11 Carlton Stevens, 10 Ivo Croza, 9 Reyton Paulse, 8 Ernesto Bampton, 7 Irvin Damants, ­6 ­Lu-Uwardo Sitzer, 5 Grandt Nash, 4 Enzio Kotzee, 3 Andries Rousseau, 2 Chris Klassen (kapt), 1 Lorenco Calaza.
Reserwes: Uliriato Laurence, Immo Dresselhaus, Ricardo Kubas, Mark Nangoro, Aurelio Plato, Carlo Theron, 22 Joshua Jacobs.
Reho Falcon: 15 Brandon Dentlinger, 14 Anthony Brandt, 13 Xavier van Wyk, 12 Diego Loubser, 11 Gregory Stein, 10 Lariano van Wyk, 9 Colin de Koe (kapt), 8 Milando Titus, 7 Lloyd van Wyk, 6 John Toby van Wyk, 5 Luandre Benade, 4 Dudley Schultz, 3 Jason Benade, 2 Neville Vries, 1 Reginald Areab.
Reserwes: Udo Mall, Brian Bayer, Jacques Platt, Deon Pieters, Alex Cloete, Elroy Diergaardt, Jocelyn Nel, Ruchan Visagie.

PREMIERLIGA
15:15 Kudus 1 tn Dolphins 1 op Walvisbaai
15:15 Wanderers 1 tn United 1 by Wanderers
15:15 Western Suburbs 1 tn Unam 1 by Suburbspark
15:15 Rehoboth 1 tn Reho Falcon 1 op Rehoboth

RESERWELIGA
13:30 Kudus 2 tn Dolphins 2 op Walvisbaai
13:30 Wanderers 2 tn United 2 by Wanderers
13:30 Western Suburbs 2 tn Unam 2 by Suburbspark
13:30 Rehoboth 2 tn Reho Falcon 2 op Rehoboth

EERSTE LIGA
15:00 West Coast Sharks tn Walvisbaai op Swakopmund
15:00 Rosh Pinah tn Oranjemund op Rosh Pinah
15:00 Ocean Swallows tn Keetmanshoop op Lüderitz
15:00 Paresis 1 tn Mariental 1 op Otjiwarongo
15:00 Oshakati 1 tn Jaguars 1 op Oshakati
15:00 Eastern Bulls 1 tn Grootfontein 1 op Gobabis
15:00 NUST 1 tn Etosha 1 in Windhoek

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!