Derby vier 100 jaar van tradisie

Klubsport
Andrew Poolman
Die 100-jarige bestaansvieringe van Wanderers-sportklub begin amptelik vanaf vanaand tot Saterdag met die jaarlikse derby teen sy oudste mededinger, Trustco United.

Van die hokkie-, krieket- en rugbyvelde tot die muurbal- en netbalbaan sê die twee spogklubs mekaar die stryd aan, met Wanderers aan die beurt as die gasheer.

Vanweë Covid-19 moes Wanderers se eeufeesvieringe verlede jaar uitgestel word.

Die hoogtepunt is Saterdag se NRU premierliga-rugbywedstryd, waarin die Neels Dodds-trofee op die spel staan skaars 'n week nadat dié skenker en president van die Wanderers-rugbyklub oorlede is.

Die derby-sportprogram:



VANDAG

Hokkie: Wanderers vroue tn School of Excellence, 18:00 by WAP-astro.

Hokkie: Wanderers mans tn Masters mans, 19:15 by WAP-astro.

Tafeltennis: Wanderers tn United, 18:00 by Daantjie Louw-saal.

Netbal: Wanderers IV vs WHS o.15A, 18:30.

DONDERDAG

Muurbal: Wanderers tn United, 18:00 by Wanderers-baan.

Knobel: Wanderers tn United, 17:30 by Wanderers-lapa.

Netbal: Wanderers III tn Windhoek Affies o.17A, 18:30.

VRYDAG

Netbal: Wanderers II tn NOG Een, 18:30.

Muurbal: Wanderers vs United, 18:00 by Wanderers-baan.

SATERDAG

Netbal: Wanderers I tn United I, 09:00.

Krieket (T20): Samsung FNB Wanderers tn Trustco United, 09:00 by WAP-veld.

Rugby: FNB Wanderers III tn Trustco United III, 13:00.

Rugby: FNB Wanderers II tn Trustco United II, 15:00.

Rugby: FNB Wanderers I tn Trustco United I, 17:00.

FOTO’s Steven Berry
Die spankapteins van Wanderers (rooi en wit) en United (blou) in elke sportkode waarin vandeesweek meegeding word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!