Derde borgtogpoging môre deur Kai Rust
Jana-Mari Smith- ’n Derde borgtogaansoek sal môre (Disndag) in die streekhof in Windhoek aangehoor word in die saak van moordbeskuldigde Kai Rust, wat al meer as ’n jaar in aanhouding is na die dood van ’n vermeende wilddief op sy plaas in die Okanhandja-distrik.
Die hof het vandag (Maandag) verdaag om die verdediging en die vervolging in staat te stel om die kwessie van borgtog te bespreek. Rust (44) is reeds sedert Januarie 2016 in aanhouding.
Vroeër hierdie jaar het Rust se prokureur, mnr. Jan Wessels, ’n Okahandja landdros meegedeel dat die polisiebeampte in beheer van die ondersoek aangedui het dat hy sy aanvanklike beswaar teen die toestaan van borgtog sou onttrek.
Rust het sy eerste onsuksesvolle borgtogaansoek in Februarie 2016 gebring. ’n Appèl in die Windhoek hoërhof is ook later daardie jaar van die hand gewys.
Okahandja landdros Masule Kwizi het die borgtogaansoek geweier, en verklaar dat Rust ’n vlugrisiko daarstel omdat hy familielede in Duitsland het. Ander redes vir die weiering was dat Rust met die staat se getuies sou inmeng of selfmoord sou pleeg.
’n Tweede borgtogaansoek was in die Okahandja landdroshof gebring na die mislukte appèl, gebaseer op Rust se verslegtende gesondheid in aanhouding. Daardie aansoek in November verlede jaar afgekeur.
Rust is alreeds vir ’n paar maande in aanhouding in die hospitaaleenheid van die Windhoek Sentrale Gevangenis nadat hy daarheen oorgeplaas is vanaf die Okahandja aanhoudingselle vanweë gesondheidsprobleme.
Die staat het Rust aangekla van een klag van moord en drie van poging tot moord. Aanvanklik was hy ook aangekla van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, maar hierdie klagte is vroeër vanjaar teruggetrek.
Rust het onskuldig op al die klagte teen hom gepleit.
Die klagte het betrekking op die noodlottige skiet van ’n vermeende stroper, Andreas Ukandanga, op die Rust se familieplaas noord-oos van Okahandja. Die poging tot moord klagte spruit uit die bewerings dat Rust op ander vermeende stropers geskiet het soos hulle van die toneel gevlug het.
Hy is in hegtenis geneem nadat hy die polisie gebel het en die skietvoorval aangemeld het.
Gedurende sy getuienis in sy vroeëre borgtogaansoek het Rust beweer dat hy nie op Ukandanga gemik het nie, maar op ’n hond gevuur het toe hy ’n geblaf gehoor het en vermoed het dat dit ’n stroopvoorval was.
Hy beweer dat hy nie enige mense gesien het toe hy die hond genader het en begin skiet het nie.
Hy het Ukandanga gevind waar hy agter ’n rots op die toneel gelê het, waar hy ook ’n gedeeltelik geslagte koedoe, valstrikke, ’n panga, ’n mes en ’n sak mieliemeel gevind het.
Aanklaer Filemon Nyau tree namens die staat voor landdros Alexis Diergaardt op.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie