Derde golf van corona dreig
Namibië beleef tans in die algemeen ‘n toename in nuwe gevalle van Covid-19, ‘n toename in gevalle onder gesondheidswerkers asook bejaardes – en sterftes wat aan die siekte toegeskryf word, is daagliks meer as tydens die kruin van die tweede golf van die pandemie.
Die komende dae en weke se data sal toon of die land aan die voet van ‘n derde golf staan.
Teen Donderdag is oor die laaste sewedae-siklus gemiddeld 212 nuwe gevalle per dag aangeteken. Die syfer is die hoogste sedert 24 Februarie en 6% meer as die gemiddeld van 200 die vorige Donderdag.
Vrydag se syfers word later vandag aangekondig.
Ons kaart toon die daaglikse gemiddeld in distrikte waar tans gemiddeld vyf of meer nuwe gevalle gerapporteer word. Die syfer in hakies by die dorpe is die sewedae-gemiddeld vir die vorige siklus.
Uit die distrikste is net in Walvisbaai ‘n baie klein afname, terwyl Keetmanshoop se gemiddeld onveranderd is.
GEVALLE ONDER BEJAARDES
Nuwe gevalle onder persone 60 jaar en ouer toon die afgelope weke ‘n sigbare toename (sien lyngrafiek links onder in ons grafika).
Uit Woensdag se 295 bevestigde gevalle was 49 bejaardes; 17% van die totaal, of byna een uit vyf.
Die huidige nasionale gemiddeld is 6% hoër, maar in die ouderdomsgroep was die gemiddeld van nuwe gevalle teen Woensdag 41% meer as sewe dae tevore. Hierdie besonderhede is nog nie oor Donderdag se 311 nuwe gevalle bekend nie.
STERFTES
In Mei is reeds 94 Covid-19-verwante sterftes bevestig.
Die kolomgrafiek links bo in ons grafika is gebaseer op die datum van sterfte en nie die datums waarop sterftes aangekondig word nie.
Die gemiddeld vir Mei staan op 4,7 sterftes per dag. Januarie se 128 sterftes was die meeste nog, teen ‘n gemiddeld van 4,1 per dag.
Februarie se gemiddeld was 2,7. Die syfer het tot 3,6 gestyg in Maart en tot 4 in April.
Totale sterftes in Namibië het tot 1,45% van positiewe gevalle toegeneem.
In die volgende streke is die koers hoër: Omaheke 2,05; Otjozondjupa 1,87: Zambezi 1,77; Hardap 1,64; Erongo 1,58 en //Kharas 1,53.
Van die persone wat in Mei gesterf het, het 80% ander ernstige siektetoestande onder lede gehad. Mans het 56% van die totaal uitgemaak en vroue 44%. Van die persone was 52% sestig jaar of ouer en nog 24% tussen 50 en 59 jaar oud; gesamentlik driekwart van die totaal.
GEVALLE PER DISTRIK
Namibië het 35 gesondheidsdistrikte. In 19 hiervan is toenames in nuwe gevalle die afgelope sewe dae waargeneem; afnames in 13 en drie distrikte se gemiddeld was dieselfde.
Windhoek se gemiddeld van 81 nuwe gevalle per dag is die hoogste in sowat 17 weke.
Daaglikse gemiddeldes in distrikte nie op ons kaart nie (sewe dae te vore se gemiddeld in hakies) is soos volg:
Aranos 4 (2)
Eenhana 4 (6)
Grootfontein 4 (5)
Otjiwarongo 4 (9)
Rundu 3 (5)
Tsandi 3 (2)
Karasburg 2 (0,3)
Katima Mulilo 2 (4)
Nyangana 2 (0,1)
Okakarara 2 (5)
Omaruru 2 (2)
Outapi 2 (1)
Tsumeb 2 (3)
Khorixas 1 (2)
Okongo 1 (0)
Omuthiya 1 (2)
Opuwo 1 (0,4)
Oshikuku 1 (0,4)
Usakos 1 (2)
Nankudu 0,3 (0)
Okahao 0,3 (2)
Engela 0,1 (1)
Andara 0 (0)
(Alle gemiddeldes vanaf 0,5 is afgerond.)
KERWE VERBYGESTEEK
Okahandja en Keetmanshoop het die afgelowe sewe dae 1 000 kumulatiewe gevalle verbygesteek.
Erongo het nou meer as 9 000 gevalle op rekord, Khomas meer as 18 600 en Oshana (die Oshakati-distrik) meer as 3 100. Sien volledige streektotale en herstelkoerse per streek op die kaart.
Ander kerwe verbygesteek:
Walvisbaai 5 400
Swakopmund 2 500
Rehoboth 1 800
Rundu 1 600
Otjiwarongo 1 300
Mariental 1 200
Omaruru 600
Okakarara 500
INENTINGS
Teen Donderdag het meer as 60 000 mense ‘n eerste dosis entstof ontvang en meer as 5 000 ook die tweede dosis.
Eerste dosisse per streek:
Khomas 20 427
Erongo 6 290
Otjozondjupa 4 829
Kavango-Oos 4 402
Ohangwena 3 238
Omusati 3 099
Omaheke 3 079
Oshana 2 942
Kunene 2 879
Hardap 2 852
//Kharas 2 445
Kavango-Wes 1 968
Oshikoto 1 402
Zambezi 957
TOETSE EN POSITIWITEITSKOERS
Meer as 400 000 toetse is verwerk. Dit sluit meer as 12 000 herhaaltoetse uit.
Sewe dae tot 19 Mei: 10 036 toetse, gemiddeld 1 434/dag
Herhaaltoetse: 39
Die hoogste positiwiteitskoers was 21% (positiewe toetse uit totale monsters verwerk); beide verlede Donderdag en die afgelope Woensdag.
Sewe dae voor dit: 10 060 toetse, gemiddeld 1 437/dag
Herhaaltoetse: 55
Hoogste positiwiteitskoers: 18%.
GESONDHEIDSWERKERS
Nuwe gevalle afgelope sewe dae: 84 (gemiddeld 12/dag)
Vorige sewedaesiklus: 60 (9/dag)
KWARANTYN
Teen Donderdag was 1 413 persone onder toesig in die staat se amptelike kwarantyngeriewe.
Woensdag is 442 nuwe persone opgeneem; 181 hiervan in die //Kharasstreek en 122 in Erongo.
Syfers per streek soos op 19 Mei 2021:
Oshikoto 314, //Kharas 268, Omaheke 204, Erongo 199, Zambezi 167 (reeds 20 dae), Hardap 67, Otjozondjupa 64, Kunene 54, Khomas 20, Kavango 13, Ohangwena 0, Omusati 0, Oshana 0
AKTIEWE GEVALLE PER STREEK (20 Mei 2021)
Van die 2 712 persone was 236 (9%) in die hospitaal, en 48 van hulle (20%) in intensiewe sorg.
Ander word gehuisves in amptelike isolasie-geriewe of self-isoleer tuis.
Byna die helfte, 48%, van aktiewe gevalle woon in die Windhoek-distrik.
Erongo 205
Hardap 228
Kavango-Oos 64
Kavango-Wes 2
//Kharas 138
Khomas 1 303
Kunene 58
Ohangwena 28
Omaheke 39
Omusati 102
Oshana 103
Oshikoto 98
Otjozondjupa 326
Zambezi 18

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie