Derde Harnas-leeu vrygelaat
Francoise Steynberg - Die Harnas-wildstigting het op Woensdag 26 Julie 'n derde leeumannetjie in die Buffalo-wildpark van die Bwabwata Nasionale Park vrygelaat.
Dít nadat twee jong leeumannetjies einde Junie suksesvol daar vrygelaat is.
Harnas is op 17 Junie ingelig dat drie leeus van sowat drie jaar oud, vermoedelik van Botswana af, in Harnas se omgewing in die Omahekestreek is.
Ná 'n uitgebreide soektog per voertuig is twee leeus op 19 Junie gevind.
Een van die leeus het in 'n suidwestelike rigting in die Omahekestreek geloop, terwyl die ander twee leeus op 'n plaas naby die Botswana-grens was.
Die afstand tussen die een leeu en die ander twee was 'n verstommende 220 km, volgens die stigting.
Harnas het in samewerking met die ministerie van die omgewing en toerisme, die gemeenskappe en boere, besluit om die leeus op hul eie koste te vang en te hervestig. Die twee mannetjies is op 21 Junie met die hulp van die gemeenskap gevang en op 'n kleiner deel van die plaas gehou.
Harnas het 'n helikopter met 'n geregistreerde veearts gestuur om die diere met 'n pylgeweer te verdoof en het ook gereël om hulle met 'n vragmotor geskik vir wildvervoer na Harnas te bring. By Harnas is die leeus medies ondersoek en mikroskyfies is ingeplant.
'n Vrylatingspermit van die ministerie van die omgewing en toerisme is op dieselfde dag toegestaan. Die vragmotor het op 22 Junie 1 800 km van Harnas af na die Buffalo-wildpark in die Bwabwata Nasionale Park vertrek en die leeus is die volgende dag suksesvol in die teenwoordigheid van drie natuurbewaarders van die ministerie van die omgewing en toerisme vrygelaat.
Die derde leeu het spoorloos verdwyn, maar is uiteindelik op 19 Julie op 'n plaas sowat 180 km van Harnas af opgespoor. Dieselfde proses as vir die ander twee het vir dié leeu gevolg. Hy is op 26 Julie suksesvol in Buffalo vrygelaat.
Harnas bedank die ministerie van die omgewing en toerisme, natuurbewaarders van Bwabwata, die gemeenskap en boere wat betrokke was by die suksesvolle vang en vrylating van “een van Namibië se waardevolste bates”.
"Die drie leeus is in 'n baie goeie toestand en hulle het baie goed in hul nuwe omgewing aangepas," het Harnas gister aan Republikein gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie