Derde repatriasie op pad huis toe
Die Duitse en Namibiese regerings “werk intensief” daaraan om vrede te maak met koloniale geskiedenis.
Catherine Sasman - 'n Hooggeplaaste Duitse afvaardiging sal die Namibiese gesante vergesel wat die 27 skedels van Nama- en Herero-herkoms na Namibië terugbring.
Hierdie is die derde repatriasie van menslike oorskot van die slagoffers van die volksmoord van 1904 tot 1908.
Dié vrag sal van die Duitse minister van buitelandse sake, me. Michelle Müntefering, die spesiale gesant vir volksmoord-onderhandelinge, mnr. Ruprecht Polenz, die streekdirekteur vir Afrika suid van die Sahara en Sahel, sowel as die Duitse ambassadeur in Namibië, mnr. Christian Schlaga, vergesel word.
Müntefering het die Namibiese afvaardiging, gelei deur die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, vandeesweek in Berlyn ontvang.
“Hierdie repatriasie is nóg 'n stap van talle om brûe tussen ons twee lande te bou en om in 'n beter toekoms te belê,” het sy aan die Namibiese afvaardiging gesê.
Müntefering het gesê die gesprek tussen die twee lande se regerings oor hoe om die skadu's van die verlede te hanteer, sal eerskomende Vrydag voortgesit word wanneer die oorblyfsels terugkom en die publiek dit by die parlementstuine kan besigtig.
“Namibië en Duitsland het 'n vertrouensverhouding. Op grond hiervan werk beide regerings intensief daaraan om ooreenstemming oor die koloniale verlede te bereik,” het sy gesê.
“Ons wil help om die wonde van die gruweldade wat destyds deur Duitsers gepleeg is, te genees,” het sy bygevoeg.
'n Herdenkingsdiens is gister in die Franse Friedrichstadt-kerk op een van Berlyn se stadspleine gehou, waar die menslike oorblyfsels aan die Namibiese afvaardiging oorhandig is.
Nasate van die slagoffers wat vandeesweek in Duitsland is, het egter gesê die geleentheid was 'n mislukking.
'SKOKKEND'
Me. Esther Utjiua Muinjangue, voorsitter van die Ovaherero-volksmoordstigting, het gesê die oorhandiging was “die perfekte geleentheid” vir Duitsland om amptelik verskoning te vra.
“Is dit te veel gevra?” het Muinjangue vandeesweek by 'n nuuskonferensie in Berlyn gesê en bygevoeg die Duitse regering se houding is “skokkend”.
Die derde repatriasie is aanvanklik vir 2 tot 9 Junie 2017 beoog, maar Namibië se ambassade in Berlyn het vir uitstel gevra om reëlings te finaliseer.
Die ministerie van wetenskap en kuns in die Duitse staat Baden-Württemberg se woordvoerder, me. Denise Burgert, het dié week gesê die Hendrik Witbooi-Bybel sal vroeg volgende jaar deur 'n hooggeplaaste verteenwoordiger van dié staat na Namibië teruggebring word.
“Die staat Baden-Württemburg is reeds in verbinding met die Namibiese vennote en hoop om voorts ons wetenskaplike en kulturele samewerking uit te brei. Ons buitelandse sekretaris, me. Petra Olschowski, sal Namibië saam met verskeie instansies teen die einde van September besoek.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie