Derde van alle kos word vermors
Wêreldwyd word byna ’n derde van alle voedsel vermors en dit kos die wêreldekonomie ongeveer US$940 miljard per jaar.
Dit is weens dié rede dat die Verenigde Nasies se voedsel-en-landbou-organisasie nuwe maniere wil ontwikkel om regerings, maatskappye en ander instellings bewus te maak van presies hoeveel voedsel vermors word en wat hulle kan doen om dit te verminder.
’n Nuwe standaard wat voorskryf hoe voedselvermorsing gemeet moet word, kan volgens die organisasie help om minstens nog 800 miljoen mense te voed sonder om meer voedsel te produseer.
“Daar is bloot geen rede hoekom soveel voedsel vermors word nie,” sê Andrew Steer, president van die Wêreldhulpbroninstituut.
Die verskillende kriteria wat wêreldwyd gebruik word om te bepaal of voedsel vermors word, is een van die probleme wat volgens die organisasie keer dat betrokke partye die werklike omvang van die probleem begryp.
“Dit is baie moeilik om iets te bestuur as jy dit nie akkuraat kan meet nie,” sê Steer.
’n Nuwe stel kriteria oor hoe vermorsing gemeet gaan word, is aan die begin van Junie deur die voedsel-en-landbou-organisasie bekend gestel as deel van sy poging om wêreldwye voeselvermorsing te verminder. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie