Derde van staatsentiteite voldoen niu00e9 aan wet
Derde van staatsentiteite voldoen niu00e9 aan wet

Derde van staatsentiteite voldoen nié aan wet

Die toepassing van die openbare verkrygingswet is sedert 2017 'n groot uitdaging vir die doeltreffende bestuur van die openbare verkrygingstelsel.
Yandi Du Plessis
Ellanie Smit



Dit blyk net ongeveer 128 van 178 staatsentiteite het hul jaarlikse verkrygingsplanne vir die 2020-'21-boekjaar by die eenheid vir verkrygingsbeleid (PPU) ingedien.

Dit beteken ongeveer 72% van dié staatsentiteite kom die wet na, maar byna 'n derde of ongeveer 28% het versuim om hul planne in te dien.

Dít volgens 'n nuwe verslag van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) waarin kommer oor die toepassing van die verkrygingswet uitgestippel word.

Hierdie uitgawe van die Procurement Tracker Namibia ondersoek rekords oor die aantal staatsentiteite wat aan die verslagdoeningsvereistes van die Verkrygingswet van 2015 voldoen het.

Daarbenewens kyk dit na onlangse omstredenheid oor die omseiling van die verkrygingswet, die nuutste inligting oor die tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur en die publikasie van 'n nuwe verwysingsgids vir verkrygings.

Volgens die verslag, wat deur mnr. Frederico Links saamgestel is, is die toepassing van die openbare verkrygingswet al sedert 2017 'n groot uitdaging vir die doeltreffende bestuur van die openbare verkrygingstelsel.

“Een van die gebiede wat Procurement Tracker Namibia van die begin af monitor, is die mate waarin staats­entiteite sommige van die kernbeginsels van die wet nakom – veral die beginsel van deursigtigheid,” het hy gesê.



REGSVOORSKRIFTE

Luidens die verslag is die beste manier om rekord te hou of nuwe lewe in die beginsel van deursigtigheid geblaas word, deur te monitor of staatsentiteite hul jaarlikse verkrygingsplanne volgens die wetlike voorskrifte opstel en beskikbaar stel.

“Wat die indiening van jaarlikse en kwartaallikse verkrygingsverslae aan die PPU in die ministerie van finansies betref, het baie staatsentiteite die wet vir die 2020-'21-boekjaar nagekom – en sodoende 'n mate van deursigtigheid gebied. Hoewel daar steeds baie problematiese aspekte is, is dít tot dusver nog nie op die gebied van openbare verkryging gesien nie.”

Hoewel baie staatsentiteite hul planne by die PPU ingedien het en dié planne via die PPU-webblad beskikbaar gestel is, het baie van hulle steeds nie hierdie planne op hul eie webwerwe gepubliseer nie, en sommige het uit die staanspoor nie eens hul eie webwerwe nie, lui die verslag.

“Hierdie gebrek aan betekenisvolle toegang tot verkrygingsinligting skend duidelik die gees van die openbare verkrygingswet.”

Die verslag het ook daarop gewys dat hoewel die indiening van jaarplanne ietwat hoog is, is die indiening van kwartaallikse verslae skynbaar steeds laag. Dit sê voorts teen die begin van hierdie maand, amper halfpad deur die 2021-'22-boekjaar, het slegs 58 uit die ongeveer 178 staatsentiteite blykbaar hul jaarlikse planne by die PPU ingedien.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!