Derde wildehond dood
Een van die drie wildehonde van N/a'an ku sê wat op die Zannier-reservaat geskiet is, het vanoggend aan sy erge beserings weens skietwonde beswyk.
Dit is vanoggend deur dr. Rudie van Vuuren van die N/a'an ku sê-stigting bevestig.
Ses personeellede van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako het glo Dinsdagoggend twee wildehonde met 'n 12-boorhaelgeweer doodgeskiet en een wildehond in die Zannier-reservaat gewond. Dit volg nadat die wildehonde 'n koedoe in die reservaat aangrensend aan die lughawe gejag het.
Die ses verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem ná dele van die koedoekarkas agterop 'n bakkie gevind is.
Die beskuldigdes het Donderdag in die Windhoekse landdroshof in Katutura op verskeie klagte verskyn, onder meer die jag van beskermde wild. Hulle is op borgtog van N$3 000 vrygelaat.
Dit is ook bevestig dat al ses beskuldigdes vandag terug op hul pos by die lughawe is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie