Derduisende dollar vir ouetehuis ingesamel
Vanjaar se Welkom Terug-partytjie wat elke jaar by die C’est Si Bon-hotel op Otjiwarongo gehou word, was weer ’n reusesukses met meer as N$200 000 wat vir die Altersheim op die dorp ingesamel is.
Volgens C’est Si Bon se eienaar, mnr. Hendri Greeff, het die geleentheid in 2011 begin toe hy besluit het om ’n sosiale geleentheid vir die dorp se inwoners te reël en om dit met ’n insameling vir die ouetehuis te kombineer. Daardie eerste jaar was daar 46 gaste en is N$12 600 ingesamel. ’n Jaar later het die bywoningsyfer amper verdubbel tot 86 gaste en N$32 000 is ingesamel.
Volgens Greeff het Otjiwarongo se mense in 2013 besef waaroor die geleentheid gaan en het 120 gaste opgedaag en is N$53 000 ingesamel. “Verlede jaar het kaartjies sommer binne ’n week uitverkoop en kon ons N$80 000 insamel,” sê hy.
Vanjaar het 450 mense die spesiale geleentheid bygewoon en die rekordbedrag van N$200 100 is ingesamel. “Ons doelwit was om N$100 000 in te samel en 300 kaartjies te verkoop, maar ons het dit by verre oorskry.”
In die afgelope vyf jaar is altesame N$377 700 ingesamel, met alle skenkings en veilingsitems wat uit Otjiwarongo se gemeenskap gekom het.
“Dit is met spyt dat ek en my vrou Ronelle besluit het dat vanjaar se Welkom Terug-partytjie weens talle faktore die laaste sal wees. Ons bly dankbaar teenoor almal wat items geskenk het om te verkoop en veral vanjaar se borge, naamlik Adrey & Associates, Blaauwberg Auctioneers, Hollard, Securitas en Old Mutual Namibia.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie