Dertien sterf in twee dae
Dertien sterf in twee dae

Dertien sterf in twee dae

Alle slagoffers van verskeie ongelukke waarin bande gebars het, is nog nie geïdentifiseer nie.
Tanja Bause
Tanja Bause



Vier mense het Donderdag omstreeks 17:00 in 'n ongeluk gesterf.

Die ongeluk het sowat 10 km buite Rehoboth op die hoofpad na Windhoek gebeur. Volgens hoof­insp. Kauna Shikwambi, woordvoerder van die Namibiese polisie, het 'n voertuig se band gebars en die bestuurder het beheer daaroor verloor, waarna dit omgeslaan het.

“Drie mense het op die toneel gesterf en een in die hospitaal. Twee insittendes is met beserings in die hospitaal opgeneem,” het Shikwambi gesê.

Die oorledenes is deur die Namibiese polisie as mee. Mercia Jantze (47), Magrieta van Wyk (41), Jenny Owoseb (18) en Max Owoseb (3) geïdentifiseer.

In die ongeluk op die hoofpad tussen Windhoek en Okahandja, wat omstreeks 14:30 plaasgevind het, het vyf mense gesterf. Volgens Shikwambi het 'n sedanvoertuig se band gebars en die bestuurder het beheer verloor en teen 'n aankomende bakkie gebots.

“Ons dink ook dat die sedanvoertuig te vinnig gery het,” het sy gesê.

Mnr. Frank Heger (58) het in dié ongeluk gesterf, asook mnr. Nikodemus Iiyambo (40) en mnr. Eric Mbago, 'n Tanzaniese burger. Die ander twee oorledenes is nog nie deur hul naasbestaandes geïdentifiseer nie.

Die enigste oorlewende in die ongeluk is Heger se agt maande oue kleinkind, Dex.

Vier mense het Woensdag in 'n ongeluk op die hoofpad tussen Mariental en Keetmanshoop gesterf nadat 'n bus met 35 Rosh Pinah-kontrakmynwerkers met 'n bakkie gebots het. Die bus se band het glo ook gebars.

Die oorledenes is mee. Regina Katzao (59), Helena Shihwandu (30) en mnr. Kassian Nambodi (32). Die vierde slagoffer se naam word deur die polisie weerhou omdat hy nog nie uitgeken is

nie.

“Ons rig 'n versoek aan alle Namibiërs om nie foto's van ongelukstonele op sosiale media te versprei nie. Dit is teen die wet en die polisie sal die oorsprong van die foto's ondersoek. As die verantwoordelikes opgespoor word, sal die wet met hulle afreken,” het Shikwambi gesê.

“Dit is nie net moreel verkeerd en oneties om sulke foto's te versprei nie, maar daar moet ook aan die naasbestaandes gedink word. Ons is 'n beskaafde gemeenskap en om sulke materiaal te versprei, is aanstootlik en sal nie geduld word

nie.”

Vrydag het 'n pensioenaris gesterf nadat die voertuig waarin hy 'n passasier was, omgeslaan het.

Die ongeluk het op die D1066-grondpad tussen Gibeon en Amperbo plaasgevind.

Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor nadat 'n band gebars het.

Volgens die polisie was daar vyf passasiers en 'n kis in die bakkie.

Die insittendes was na 'n begrafnis op pad.

Een insittende is ernstig beseer en die ander het ligte beserings opgedoen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!