Dertien vas oor dwelms
Dertien vas oor dwelms

Dertien vas oor dwelms

Twee mans by Lovers Hill in Windhoek beroof
Die naweek is 13 mense landswyd vir die besit van dwelms in hegtenis geneem, lui die polisie se misdaadverslag.

‘n 26-jarige man is Vrydag om 15:30 in Gemeente in Katutura deur die polisie deursoek en 50 gram dagga ter waarde van N$1 000 is glo aan hom gevind. Hy is in hegtenis geneem.

Saterdag om 18:30 is ‘n 29-jarige man in Otjomuise in hegtenis geneem nadat hy na bewering met 360 gram dagga ter waarde van N$4 750 in sy besit gevind is.

In die Ohangwenastreek is twee mense in afsonderlike voorvalle vir die besit van dagga in hegtenis geneem.

Die eerste voorval het Vrydag om 06:30 by die Onhuno-verkeerskontrolepunt plaasgevind. ‘n 48-jarige Rwandese burger en ‘n vlugteling wat by die Osire-vlugtelingkamp woon, is deursoek. Hy was glo in die besit van 3 985 gram dagga ter waarde van N$39 850 en is in hegtenis geneem.

By die selfde kontrolepunt is ‘n 36-jarige man Saterdag om 10:30 na bewering met 347 gram dagga ter waarde van N$3 470 in hegtenis geneem.

In die Growerand- informele nedersetting op Tses is ‘n 53-jarige vrou in hegtenis geneem nadat die polisie haar huis deursoek het en na bewering dagga in plastiekhouers gekry het. Die waarde en gewig van die dagga is nog nie vasgestel nie.

Ses mense is in Rehoboth vir die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Twee mans is Vrydag om 20:20 in Block F in hegtenis geneem. Hulle was glo in die besit van 19 Mandrax-tablette ter waarde van N$2 280. Die mans is onderskeidelik 26 en 30 jaar oud.

Nog twee mans onderskeidelik 20 en 21 jaar oud is Vrydag om 23:10 in Block C in hegtenis geneem. Hulle was na bewering in die besit van 8 eenhede crack-kokaïen. Hulle het glo probeer om die dwelms in die toilet af te spoel voordat hulle deur die polisie in hegtenis geneem is.

‘n 29-jarige man is Saterdag om 10:00 in Block E glo met 40 gram dagga ter waarde van N$2 000 in hegtenis geneem.

Ook Saterdag om 12:15 is ‘n 31-jarige man in Burgershoek in hegtenis geneem. Hy was glo in die besit van een en ‘n halwe Mandrax-tablet ter waarde van N$180.

‘n 32-jarige man is Saterdag in die Iileni- informele nedersetting op Keetmanshoop na bewering met 9 gram dagga ter waarde van N$270 in hegtenis geneem.

Op Mariental is ‘n 23-jarige man is Sondag om 20:10 in Ombili glo vir die besit van 5 gram dagga ter waarde van N$250 in hegtenis geneem.

VERDRINKING

‘n 29-jarige man het Vrydag om 17:00 in die Bay Watch-gronddam op Ongwediwa verdrink.

Na bewering het mnr. Andreas Tangeni sy klere uitgetrek en dit saam met sy selfoon en sleutels in ‘n plastieksak gesit. Hy het die sak vir ‘n jong seun gegee om vas te hou terwyl hy gaan swem het. Hy het in die dam gespring en nie weer opgekom nie. Die seun het vir hulp gaan soek en Tangeni se liggaam is uit die dam gehaal. Hy het glo in die modder vasgesit.

DIEFSTAL

Vrydag om 17:00 is twee mans by Lovers Hill in Windhoek deur vier mans beroof. Die verdagtes het glo die slagoffers met messe gedreig. Hulle het glo die bande van een van die mans se voertuig met messe gesteek. Hulle het die ander voertuig gesteel en op die vlug geslaan. Beamptes van die stadspolisie het die voertuig gejaag en in die noordelike nywerheidsgebied het die verdagtes die voertuig gelos en gevlug. Hulle het N$200 en drie selfone uit dié voertuig gesteel. ’n Verdagte, ‘n 26-jarige man, is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Vier mans onderskeidelik 19, 30, 36 en 41 jaar oud is op die plaas Fleyfeld in die Gibeon-omgewing in hegtenis geneem. Hulle het glo ‘n springbok ter waarde van N$3 500 tussen Vrydag- en Saterdagaand geskiet.

‘n Plaaswerker (42) van die plaas Jena in die Hoachanas-gebied is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n bok ter waarde van N$1 300 gesteel en geslag het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!