Dertig jaar vir plaasmoord
Dertig jaar vir plaasmoord

Dertig jaar vir plaasmoord

'n Plaaswerker wat 'n bejaarde boer vermoor en beroof het, gaan dekades agter tralies deurbring.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Boer is die hoeksteen van ons ontwikkeling en ekonomie en moet sodanig beskerm word. Hiermee het 'n regter 'n plaaswerker, wat meer as twee jaar gelede ’n bejaarde boer in die Noorde van die land vermoor en beroof het, vir 30 jaar tronk toe gestuur.

Die 32-jarige Johannes Katanga het op 25 September 2017 die 70-jarige Karl-Heinz Kossmann van die plaas Aasvoëlkrans naby Outjo wreed aangerand, geskiet en beroof.

Katanga is deur regter Orben Sibeya in die hoërhof tot 30 jaar tronkstraf op aanklag van moord gevonnis en 10 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede opgelê.

Die vonnisse moet aaneenlopend uitgedien word.

Katanga het onskuldig op al die klagte teen hom gepleit. Hy is onskuldig bevind op die klag van poging tot roof met verswarende omstandighede.

Volgens hofstukke is Kossmann dood as gevolg van stomp-impak-beserings aan die kop en bors, en ’n skietwond in sy regterbeen. Hy is deur Katanga met houtpale en klippe aangerand, terwyl hy ook deur hom gesleep is. Die aanranding op Kossmann was so erg dat hy bloeding op die brein opgedoen het. Buiten die skietwond aan sy been was 17 van sy ribbes ook gebreek.

Sibeya het die aanval op Kossman as “vooraf beplan, berekend en grusaam uitgevoer” beskryf. Katanga het Kossmann van twee vuurwapens, ’n selfoon en 11 rondtes lewende ammunisie beroof.

Kossmann se weduwee het in ’n verklaring aan die hof gesê die dood van haar man het beteken sy kon nie langer op die plaas bly wat vir 25 jaar haar tuiste was nie, omdat sy dood haar te veel getraumatiseer het. Haar man was ook die enigste broodwinner. Sy ontvang sedertdien sielkundige behandeling.

Haar verklaring lui dat sy sal probeer om Katanga vir haar man se dood te vergewe, maar dat haar wens is dat hy nooit uit die tronk vrygelaat word nie.

Sibeya het in sy uitspraak gesê die hof moet in ag neem die boerderysektor is een van die bydraende sektore tot die land se sosioëkonomiese ontwikkeling.

Boere dra beduidend by tot die instandhouding van die land se ekonomie en verskaf werk en ’n beter lewe aan werknemers en families.

“Boere is teen ’n ontstellend toenemende tempo die slagoffers van gewelddadige rooftogte waartydens kosbare lewens verloor word,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!