Dertig liggame in koeler vir ses
Daar is geen waardigheid in die manier hoe die oorskot van ‘n persoon wat aan Covid-19 gesterf het, hanteer word nie, sê ‘n lykbesorger.
Henriette Lamprecht – Dertig lyke opgestapel in ‘n verkoelde vraghouer van 3 x 6 meter by ‘n staatshospitaal wat eintlik net plek vir ses het. Personeel van die staatslykhuis wat geskenkte persoonlike beskermende toerusting (PPE’s) vir die staatshospitaal en –lykhuis teen N$200 per stuk aan lykbesorgers probeer verkwansel.
Dit is die dilemma waarmee ‘n plaaslike lykbesorger in die noorde van die land sit wat noodgedwonge mense wat aan Covid-19 gesterf het, se liggame by die verkoelde eenheid moet gaan uitken om begrawe te word.
Volgens die bron wat verkies om anoniem te bly, was hy die oggend vroeg by die verkoelde vraghouer om ‘n oorledene vir ‘n Covid-begrafnis te gaan uitken. Volgens die bron lê al die liggame opgestapel in die ruimte en moet elkeen uitgepak word om die regte oorskot te kry. Die liggame is in twee lyksakke en nog ‘n groot wit sak toegedraai. Die oorledenes se name is op die wit sak geskryf.
“Al die liggame is net so op die ‘interlocks’ uitgepak. Dan gaan drink die personeel eers koffie terwyl die liggame so bly lê tot wanneer hulle weer terugkeer om dit terug in die vraghouer te plaas,” vertel die bron.
Volgens die bron mag die liggame nie met formalien gespuit word om dit langer te bewaar nie, omdat die persone aan Covid-19 gesterf het.
“Ons mag niks aan dié liggame doen nie. Die laaste stukkie eerbetoon en waardigheid wat ons kan betoon, kan en mag ons nie.”
Dit was tydens dié uitkenning van ‘n liggaam wat een van die personeel aan die bron gesê het sy PPE voldoen nie aan die vereiste standaard nie.
“Met die heel eerste inspeksies by lykbesorgers het die ministerie se gesondheidspersoneel ons die groen lig vir ons PPE’s gegee en gesê dit voldoen aan die vereiste standaard. Daar is niks fout daarmee nie.” Volgens die personeellid moes dit egter “dié met die blou strepie wees” wat nie plaaslik of in Suid-Afrika beskikbaar is nie.
Tydens ‘n begrafnis het nog ‘n personeellid van die staat die lykbesorger genader en beweer sy PPE’s is substandaard, terwyl navraag ook by ‘n plaaslike onderneming gedoen is oor of hulle sou belangstel om dit te koop.
“Die PPE’s wat hulle verkoop, is geskenk. Jy kry dit nie plaaslik of in Suid-Afrika nie. ‘n Plaaslike verskaffer het gesê die PPE’s wat gesmous word, kan net in die buiteland gekoop word.”
Volgens die bron word daar ook met maskers en handskoene van die plaaslike staatshospitaal gesmous.
“Dit is ‘n ou ding. Die persoon was in ons kantoor met ‘n boks met PPE’s wat hy vir N$200 wou verkoop.”
Die lykbesorger het ook verwys na die geweldige agterstand met die verassing van liggame, met van die Covid-oorskot wat vir langer as 10 dae lê omdat die krematorium so ver agter met verassings is.
“Hulle veras net sewe ‘n dag vyf dae ‘n week. Dit is maar 35 vir die week. Teen verlede week was hul agterstand reeds ‘n maand.”
Volgens die lykbesorger is daar ‘n oorskot op hulle lys wat in Junie reeds gesterf het en veras moet word.
“Dit is al ver oor die tien dae, maar die familie wil nie begrawe nie, hulle wil veras.”
Volgens hom maak dit die hele proses geweldig moeilik.
“Ek kry swaar want daar is niks hiervan wat ‘dignified’ is nie. Ons hande is afgekap en probeer maar net sover as moontlik die familie ondersteun.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie