Desentralisasie in fokus
Desentralisasie in fokus

Desentralisasie in fokus

Die slakkepas waarteen die land se desentralisasieplan in werking gestel word, word aan swak samewerking toegeskryf.
Jemima Beukes
Jemima Beukes – Terwyl die regering se desentralisasieveldtog bykans tot stilstand gekom het, sal die talle politieke rolspelers wat aan aanstaande maand se verkiesings deelneem na verwagting die dringendheid van die kwessie van dienslewering in landelike gebiede benadruk.

’n Desentralisasieprogram vir Namibië is in Maart 1998 bekend gestel, wat beoog het om sekere magte en verantwoordelikhede van die sentrale regering na streekrade te verwys.

Dié program maak egter vir geen tydsraamwerk voorsiening nie.

Die politieke ontleder mnr. Graham Hopwood skryf die stadige inwerkingstelling van die desentralisasiebeleid toe aan die gebrek aan die tydsraamwerk en swak samewerking tussen ministeries.

’n Gebrek aan hulpbronne en personeel om die beleid te verwesenlik is ook bydraende faktore, sê Hopwood.

Met die aanstelling van streekgoewerneurs is streekrade se magte waarskynlik verder verwater, meen Hopwood. Dit is veral weens die feit dat goewerneurs nie uit die verkose streekrade verkies word nie.

Die president stel sedert 2011 streekgoewerneurs aan.

Volgens Hopwood word daar reeds sedert hul totstandkoming in 1993 oor die rol van streekrade debat gevoer.

Volgens wetgewing is streekrade verantwoordelik vir die beplanning van ontwikkeling van streke. Rade het andersins hoofsaaklik raadgewende magte.

Volgens ’n ander ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, is desentralisasie die kern van volgende maand se verkiesings.

Hy het gemaan dat hoewel sommige politieke partye groot beloftes maak, verskaf hul planne of manifeste weinig besonderhede oor hoe hulle dié toedrag van sake wil verander.

Volgens hom is ’n gebrek aan hulpbronne een van die vernaamste uitdagings wat die werksaamhede van plaaslike owerhede lamlê. Dit bemoeilik die inwerkingstelling van programme op voetsoolvlak, sê hy.

Kamwanyah het gewaarsku dat indien sulke planne nie breedvoerig uiteengesit word nie, loop dit die risiko om niks meer as politieke spreekpunte te word nie.

Plaaslike owerhede is onder meer gemoeid met die voorsiening en oprig van water, begraafplase, rioolstelsels en strate en openbare geriewe.

Raadslede van plaaslike owerhede is ook verantwoordelik vir die oprigting van markte, vullisverwydering, ontspanningsgeriewe en die bevordering van toerisme. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!