Desert Dash: Verwag Switser weer vooraan
'n Mens kan nooit rêrig voldoende vir hierdie byeenkoms oefen nie, sê die onvergelyklike Konny Looser.
Tielman van Lill - Die 30-jarige Konny Looser, wenner van die laaste vier Nedbank Desert Dash-byeenkomste deur die wêreld se oudste woestyn, sal vandag om 15:00 by die Grove-inkoopsentrum weer as solo-ryer wegspring – dié keer in die kleure van Nedbank Namibië.
Indien die vlieënde Switser weer sake soos die vorige vier jaar kan beheer, sal hy uit die staanspoor 'n beroering aan die voorpunt van die 2019 Nedbank Desert Dash veroorsaak.
Looser het in die vorige vier jaar enige hoopvolle solo-uitdagers mak gejaag en het in 2017 die byeenkomsrekord tot 13 uur 55 minute verbeter.
Ten spyte van 'n sterk westewind het Looser verlede jaar op 15 Desember die Dash in 14 ure 22 minute voltooi. Dit was 27 minute stadiger as sy beste tyd wat met sy vorige aanslag behaal is.
Die moordende Desert Dash van 373 kilometer vanaf die hoofstad via die Khomas Hochland en die Namibwoestyn tot in Swakopmund lok jaarliks die room van bergfietsryers uit Suid-Afrika en die buiteland.
Vandag sal nie anders wees nie en meer as 1 000 avontuurlustige siele sal streef om die roete binne 24 uur te voltooi.
Met sy jarelange ondervinding van soortgelyke uitmergelende bergfiets-uitdagings sê Looser dat die Desert Dash iets is waarvoor geen ryer werklik vooraf voldoende kan oefen nie.
“Sommige ryers dink dit sal help om laat in die aand of vroeg in die oggend te oefen, maar vir my gaan dit om my ritme te behou en in een stuk die afstand te voltooi.
“Om in die donkernag te moet fietsry, is nooit ideaal nie, want jy sien skaars vyf meter voor jou. Tussen twee- en vieruur in die oggend is die moeilikste, want dan begin die uitputting jou rêrig vang.
“Klippe in die pad kan jou laat val, of jou met 'n stukkende band laat sukkel. Die meeste van die tyd ry ryers in 'n bondel en elkeen moet seker maak jy raak nie aan die ryers voor jou se agterwiel nie, want dít is 'n gewaarborgde val wat jul albei se verdere deelname in die weegskaal kan plaas.
“Jou konsentrasie op die fiets moet ten alle tye tops wees en dit is die moeilikste. Die hitte gedurende die dag kan maklik 36 grade Celsius en meer word en die wind is altyd 'n faktor.
“Dit is ook altyd belangrik vir ryers om hulself nie aan die begin van die marathon te ooreis nie.
“Ryers moet gereeld eet en drink en dit is belangrik om jou suikervlakke stabiel te hou. Dit help nie om jouself aan die begin van die marathon flenters te jaag en dan in die middel of driekwart deur die roete te moet tou opgooi nie.
“Vat dit rustig; stap as jy moet en ry saam met ander ryers wat op dieselfde peil as jy is en dieselfde tempo as jy handhaaf,” is Looser se raad aan onervare ryers.
Altesame 28 dapper solo-vroue en 224 solo-mans spring vir die 20ste Desert Dash weg wat vir die vyde opeenvolgende jaar deur Nedbank Namibië geborg word.
Tensy iets onverwags padlangs skeef loop, behoort Looser opnuut te sterk vir sy kompetisie te wees en behoort hy môreoggend vroeg sy fietsryhelm vir sy vyfde Dash-kroon te verruil.
Drikus Coetzee wat verlede tweede in die solo-afdeling in 14:56 geëindig het en die eerste Namibiër oor die eindstreep was, durf vanjaar nie weer die Dash alleen aan nie.
“Met die oog op die kwalifiserende byeenkomste wat einde Januarie vir die 2020 Olimpiese Spele begin, sal ek nie hierdie Dash as solo-ryer aanpak nie. Dit sal my te lank neem om (van 'n solo-poging) te herstel vir die belangrike byeenkomste om vir die Spele in Tokio te kwalifiseer.
“Ek ry saam met Michelle Vorster in 'n gemengde span van twee vir die Hollard Janine & Suzelle Davin Sporttrust. Hou ons gerus dop. As alles vlot verloop, behoort ons baie goed te vaar. Ek wil graag hê ons moet onder 15 ure ry, want ek het laasjaar in 14:56 klaargemaak,” het Coetzee aan die koerant gesê.
Die duo Coetzee en Vorster, met hul stamboom van internasionale ondervinding, sal beslis rekening met die aanslag van Martin Freyer en Saskia van der Merwe (Hollard) asook Marie Rabie en Corrie Muller (Gondwana) moet hou.
Twee vierryerspanne in die mansafdeling behoort vir dié titel koppe te stamp. Team Megatech Mannies Manne bestaan uit Tristan de Lange, Alex Miller, Hugo Hahn en Morné Nell, wat gewis 'n oog op die Hollard MyLife-span van Gerhard Mans junior, Christo Swartz, André Vermeulen en Ingram Cuff sal moet hou.
In die tweemanspanafdeling is die gunstelinge Team Kia Elite met die Namibiese gebore broers Marc Pritzen (SA o.23-kampioen op die padfiets) en Kai Pritzen wat stywe teenstand van Team Indongo Toyota 3 (Des Doman en Clinton Hilfiker) kan verwag.
Oë OP ADRIAN IN VROUERESIES
Verlede jaar se vrouewenner, Duitsland se Rebecca Robisch, het in 2016 haar eerste Dash-solotitel in 17:48 gewen, dit in 2017 met 16:09 opgevolg en verlede jaar met nog 'n wenpoging van 17:17 afgerond.
In die afwesigheid van Robisch wat nie haar titel kom verdedig nie, is daar 'n kans vir Irene Steyn (Mannies Bike Mecca) was laasjaar tweede in 18:19 was. Ander bekende kandidate is Vera Adrian, die veelsydige Olimpiese ryer van 2016, en Risa Dreyer.
Dreyer, 'n bewese vasbyter met sukses in die Comrades en die Windhoek Light Visrivier Ultra (100 km te voet), ry haar eerste Dash en is 'n groentjie teen Adrian en Steyn, maar kan as 'n onbetwiste talent verras om onder die eerste vyf te eindig.
Ingeligte bronne beskou Adrian nietemin as die gunsteling om as die “Dash-queen” bekroon te word.
Môre om 15:00 is die spertyd wat ryers sal moet jaag om by die eindstreep by Platz am Meer op Swakopmund aan te meld, indien hulle die gesogte en unieke medaljes as voltooiers van hierdie weergalose sportbyeenkoms wil ontvang.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie