Desert Express loop weer einde Julie
Desert Express loop weer einde Julie

Desert Express loop weer einde Julie

Die eerste beplande treinreis tussen Windhoek en Swakopmund sal op 26 Julie plaasvind.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Toeriste kan weer uitsien na 'n opwindende treinrit op die gewilde, luukse Desert Express wat weer einde Julie tussen Winkdhoek en Swakopmund gaan loop.

Desert Express se eerste beplande rit gaan op Vrydag 26 Julie plaasvind en boonop kry Namibiërs 35% afslag.

Voorheen het die Desert Express-trein van Windhoek na Swakopmund gereis. Op die roete is by 'n aantal plekke gestop waar aktiwiteite, soos 'n wildrit, 'n rit deur die Namibwoestyn en uitstappie na die duine, op die reis plaasgevind het.

Die luukse trein is plaaslik ontwerp en in Namibië gebou. Dit is op 3 April 1998 deur stigterspresident Sam Nujoma ingehuldig. Dit bestaan uit nege treinwaens en 24 en suite-kompartemente wat elk tussen een en drie passasiers kan huisves.

Desert Express is 'n unieke reiservaring vir 'n naweekwegbreek en passasiers kan aan heerlike etes smul.

"As jy aan boord gaan, word jy deur die vriendelike en professionele personeel verwelkom wat 'n wye reeks kennis oor Namibië se geskiedenis, wildlewe en oorlewingsvaardighede sal deel," volgens Desert Express.

Die skedule vir 'n naweekreis van Windhoek na Swakopmund en terug is soos volg:

Dag 1 (Vrydae)

11:00: Boek in by die Windhoek-treinstasie;

11:30: Besoek die geskiedkundige spoorwegmuseum by die stasie;

12:30: Gaste gaan aan boord en geniet verwelkomgsdrankies en ligte middagete;

14:00: Wildbesigtingsrit by Okapuka Ranch;

16:30: Stop vir biltong en droëwors op Okahandja;

19:00: Aandete met 'n à la carte-spyskaart aan boord;

Oornag op die trein op 'n veilige syspoor.

Dag 2 (Saterdae)

07:00: Ontbyt aan boord op pad na Swakopmund;

08:00: Uitstappie na die duine;

10:30: Arriveer op Swakopmund-treinstasie en gaste klim af;

13:30: Gaste boek in, vertrek en word met ligte middagete bedien;

18:00: Skemerkelkie by Stingbank;

19:00: Aandete is 'n braai of potjiekos by 'n veilige syspoor

20:00: Vermaak vir die aand en Ohungi rondom die vuur;

Oornag op die trein op 'n veilige syspoor.

Dag 3 (Sondae):

07:00: Ontbyt aan boord op pad na Okahandja;

09:00: Besoek die kunsmark by Okahandja;

11:00: Besigtig die voer van jagluiperds en geniet 'n buffetete by Okapuka Ranch;

15:00: Arriveer by die Windhoek-treinstasie en gaste klim af.

Die prys vir 'n eenrigtingtoer is N$4 400 per persoon wat deel. Die prys vir 'n retoerrit is N$6 160 per peresoon wat deel.

Tariewe vir Namibiërs en inwoners van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapstreek (SADC) is by navraag beskikbaar. Vir verdere navrae, besprekings en kwotasies, stuur 'n e-pos na [email protected].

Besprekings kan gedoen word by https://www.namibiareservations.com/…/ac-det…/desert-express.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!