Desperate pogings in Israel om premier te ontsetel
Desperate pogings in Israel om premier te ontsetel

Desperate pogings in Israel om premier te ontsetel

Benjamin Netanyahu (71) is die dominante politieke figuur van sy generasie en sy uitdagers het min gemeen, behalwe vir ’n drang om uit sy skaduwee te beweeg.
Sanet de Waal
Benjamin Netanyahu, premier van Israel, se teenstanders het Maandag steeds probeer om ’n koalisie te vorm om hom uit die kussings te lig.

Politieke ontleders is egter van mening dat ’n bitter stryd voorlê.

Netanyahu se mededingers is in so ’n mate daartoe verbind om hom te verslaan dat hulle oor ideologiese grense heen wil beweeg om bondgenote te vind.

Yair Lapid, leier van die sentristiese (gematigde) opposisieparty Yesh Atid, het die steun van Naftali Bennett, ’n ultranasionalistiese politikus, gekry vir ’n “verandering” in regering. Ingevolge hierdie ooreenkoms sal Bennett en Lapid om die beurt as premier diens doen. Die ooreenkoms moet teen middernag Woensdag gefinaliseer word.

Netanyahu (71) is die dominante politieke figuur van sy generasie en sy uitdagers het min gemeen, behalwe vir ’n drang om uit sy skaduwee te beweeg.

’n Week van nou af sal die staat van Israel in ’n nuwe era wees. Skielik sal dit stiller wees. Ministers sal gaan werk sonder om aan te hits en te lieg.

Volgens Netanyahu is Bennett en Lapid besig om die “bedrog van die eeu” te pleeg deur teen hom saam te span. Hy hou vol hul plan stel Israel in gevaar.

Lapid se reaksie was ingetoë.

“’n Week van nou af sal die staat van Israel in ’n nuwe era wees. Skielik sal dit stiller wees. Ministers sal gaan werk sonder om aan te hits en te lieg,” het hy in ’n televisie-uitsending gesê.

Hy het egter ook gewaarsku dat daar steeds “baie hindernisse” is voordat ’n regering gevorm kan word.

Daar is ook ander klippe in Netanyahu se pad, waarvan die grootste ’n korrupsieverhoor is. Hy ontken alle aantygings teen hom.

Daar moet egter genoem word dat Netanyahu, leier van die Likud-party, ’n politieke hardebaard is. Hy is in 1996 vir die eerste keer as premier verkies, het in 2009 tot die pos teruggekeer en klou nou al langer as ’n dekade aan die amp.

Indien Bennett en Lapid Woensdag se spertyd misloop, kan die parlement ’n kandidaat kies om ’n nuwe koalisie te vorm. Indien dit in die hek duik, sal Israel ’n vyfde verkiesing hou.

Die twee ideologies uiteenlopende bondgenote het wel raakpunte wat hul beleid betref. Bennett, voormalige minister van verdediging, en Lapid, voormalige finansminister, wil albei in die onderwys en gesondheid belê.

Die nuwe koalisie sal egter beteken dat ’n dooiepunt oor die Israeli-Palestynse konflik bereik sal word, aangesien daar ’n merkbare verskil in beleid tussen die twee is.

Bennett is ten gunste daarvan dat Israel gedeeltes van die Wesoewer annekseer, terwyl sy linksgesinde bondgenote in die koalisie sal argumenteer dat grondgebied aan die Palestyne afgestaan moet word. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!