• Tuisblad
  • Sake
  • Dettol 'weet nie' of produkte effektief is teen virus
Dettol 'weet nie' of produkte effektief is teen virus
Dettol 'weet nie' of produkte effektief is teen virus

Dettol 'weet nie' of produkte effektief is teen virus

Dettol, die bekende vervaardiger van antiseptiese middels en sepe, sê hy kon nog nie met sekerheid bepaal of sy produkte doeltreffend is teen die nuwe koronavirus nie.

In 'n verklaring sê Dettol hy is “bewus van die bespiegelinge” oor die doeltreffendheid van sy produkte om die verspreiding van die virus te bekamp.

“Aangesien dit 'n nuwe uitbreking is, het Dettol, soos ander handelsname, nog nie toegang gehad tot die nuwe virus (2019-nCoV) vir toetsdoeleindes nie.

“Daarom is ons nog nie in die posisie om die doeltreffendheid van ons produkte teen hierdie nuwe stam te bevestig nie.”

2019-nCoV, of Ears-CoV-2, is die formele naam van die nuwe stam van die koronavirus wat die virussiekte Covid-19 veroorsaak.

Dettol sê egter sy produkte is reeds getoets teen ander koronavirusse, insluitend Mers-CoV, en daar is bevind dat dit doeltreffend was in die bekamping van Ears-CoV-2.

“Hoewel 2019-nCoV 'n nuwe stam is, is dit soortgelyk aan ander koronavirusse.”

Die maatskappy werk tans nou saam met sy vennote om te verseker dat hy 'n beter begrip van die virus kan kry en hoe dit oorgedra word, ten einde 'n nuwe reeks produkte te ontwikkel.

Dettol het ook aangekondig hy bewillig £5,5 miljoen (sowat R113 miljoen) om te help met die mobilisering van mediese personeel om diegene te help wat deur die virus geraak word.

Dettol – die handelsnaam – word deur die Britse maatskappy Reckitt Benckiser besit.

Dié maatskappy besit ook ander gewilde handelsname, insluitend Disprin, Strepsils en Durex.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie se jongste syfers is meer as 4 000 mense reeds dood aan Covid-19.

Sewe mense in Suid-Afrika het positief getoets vir Covid-19. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!