Deur trommespel weggevoer
Die 24-jarige Zimbabwiese trom-, marimba- en perkussiespeler, Blessing Chimanga, tree volgende week in die Boiler Room in Windhoek op.
Dié talentvolle musikant, wat ook ’n musiekregisseur, verwerker, liedjieskrywer en sanger is, het sy professionele loopbaan in 2006 as 12-jarige begin toe hy saam met wyle Sam Mtukudzi opgetree het. Sedertdien het hy met talle internasionale kunstenaars ’n verhoog gedeel, onder meer met Eric Wainaina (Kenia), Mike Del Ferro (Nederland), Amanda Labanda (Italië), Ary Morais (Noorweë), Michael W. Smith (Amerika) en Sona Jobarteh (VK).
Hy is ook ’n bekende gesig by groot feeste soos die Internasionale Kunsfees in Harare (HIFA), die Stubbetorpet-fees in Swede, die Umoja-fees in Mosambiek, die Barefeet-fees in Zambië, asook verskeie ander in Europa en Suid-Amerika.
Vandag word hy geag as een van die bekendste musikante in Zimbabwe wat slypskole en konserte dwarsoor die wêreld aanbied.
Hy word ewe hoog as leermeester geag en is in 2013 as die beste marimba-afrigter in Afrika aangewys ná hy ses toekennings by die internasionale marimba- en staalpantromfees in Suid-Afrika gewen het, waaraan meer as 2 000 mense deelgeneem het.
Dis dan ook geen verrassing dat sy marimba-slypskole in 2013 en 2014 by dieselfde fees uitverkoop was nie.
Blessing het in 2015 sy eerste solo-album, Dreams, vrygestel en loop dit oor van energie, emosie en passie.
Moenie Blessing se uitvoering by die Boiler Room misloop nie!
Die konsert begin om 21:00 en toegang is gratis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie