Deurbraak in koedoehondsdolheid
Dit is die eerste keer in die wêreld dat wilde herbivore ’n orale toediening teen hondsdolheid ontvang en dit suksesvol is.
Elvira Hattingh - Die koedoehondsdolheid-navorsingsprojek het ’n deurbraak gemaak toe ontdek is die orale toediening van entstof kan koedoes teen hondsdolheid beskerm.
Tydens toetse is bevind dat dit immuniteit tot gevolg gehad het, wat 30% van koedoes teen besmetting beskerm het. Voorts het die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) opdrag gegee dat verdere studies oor die orale toediening van entstof gedoen word.
Dr. Rainer Hassel, projekleier van die Namibië Landbou-unie (NLU) en Agra ProVision se spesiale navorsingsprojek, het tydens die LPO-kongres op 10 Oktober gesê indien hierdie nie as ’n deurbraak beskou kan word nie, is dié resultate baie bemoedigend.
“Sover ons weet, is dit die eerste keer dat wilde herbivore ’n orale toediening van entstof teen hondsdolheid ontvang en dit suksesvol is.
“Aanvanklik was ons teleurgesteld oor die werking van die eksperimentele entstof toe ons sien watter reaksie dit in terme van teenliggame meegebring het. Ons kon sien dat dit opgeneem word en die immuunstelsel tot ’n mate stimuleer, maar het nie besef dat ons rede gehad het om bemoedig te voel nie,” het hy gesê.
BESTE BEWYS
“Die daaropvolgende, doelbewuste besmetting van die diere met die lewendige hondsdolheidvirus, het bewys hulle het serum-teenliggame gehad. Altesaam drie uit tien koedoes het besmetting met ’n hoë dosis van die virus oorleef.
“Dié virus wat vir besmetting gebruik is, is oorspronklik van koedoes geïsoleer.”
Hassel sê die doelbewuste besmetting van diere met die virus nadat hulle daarteen geënt is, is die beste bewys dat ’n entstof werk.
“Jy kan teenliggame meet om te sien hoe die immuunstelsel reageer, maar dan is dit steeds nodig om diere met die virus te besmet – vir die groot toets.
“Die ontwikkeling van serum-teenliggame of humorale immuniteit ná orale toediening van die entstof was swak, maar drie van die tien diere wat ’n hoë dosis ontvang het, het oorleef.
“Daarteenoor het al die diere gevrek wat geen entstof ontvang het nie.”
SELLULÊRE IMMUNITEIT
“Hoewel die teenliggame-reaksie dus nie baie goed was nie, het die diere waarskynlik sellulêre immuniteit ontwikkel.
“Sellulêre immuniteit is baie moeilik om te meet en is die tweede pilaar waarop die immuunstelsel rus. Hierdie immuniteit is baie belangrik, veral as dit by die orale toediening van entstowwe kom,” het hy gesê.
Hassel sê voorts sal studies oor die orale toediening van entstof verder ondersoek word sodat meer as net 30% van die diere immuniteit kan ontwikkel.
NUWE UITBREKING
Hy het gesê hondsdolheid in koedoes en elande is lank reeds ’n groot probleem en daar is tans weer ’n uitbreking.
“Op die oomblik word die siekte ook onder bees in die sentrale dele van die land aangetref. Dit hou waarskynlik nie verband met die voorkoms van die siekte onder koedoes nie, maar is beslis kommerwekkend.”
AFGEHANDELDE WERK
Tydens die eerste twee fases van die projek is die serologiese opname onder vrylopende koedoes voltooi. Met dié opname word die voorkoms van die siekte onder die koedoebevolking ondersoek.
“Onder 40 koedoes het een positief vir teenliggame teen hondsdolheid getoets, maar geen slotsom oor natuurlike immuniteit kan hieroor gemaak word nie,” het Hassel gesê.
In die eerste twee fases is navorsing oor die ontwikkeling van lokaas en –aanvaardingstudies gedoen, asook oor binnespierse inenting.
“Dit is gedoen om dié resultate met die orale toediening van die entstof te vergelyk. Daar is bevind binnespierse inenting van Rabisin-koedoes beskerm doeltreffend teen hondsdolheid.”
Hassel sê die resultate van die eerste twee fases het daarop gedui dat koedoes ’n immuunstelsel het wat baie goed onder stresvolle toestande funksioneer.
GEEN ‘UNIEKE’ VIRUS
“Uit die epidemiologiese asook genetiese studies van die virus het dit duidelik geraak Namibië is een van min lande waar twee hondsdolheidsiklusse voorkom - die een wat van honde af kom, asook een wat onder wildlewe voorkom.
“Ons is nog nie oortuig daarvan dat ons met ’n aparte ‘koedoe-hondsdolheidsiklus’ te doen het nie. Die genetiese ooreenkomste tussen die isolate wat van die jakkals en van die koedoe af kom, is té eenders.
“Verdere studies moet nog vasstel of die virus van koedoe na koedoe versprei kan word.”
TOEKOMS
Hassel het gesê die Duitse vennote IDT Biologika en die Friederich-Loeffler-instituut is steeds bereid om verdere steun aan die Koedoehondsdolheidprojek te verleen. IDT Biologika het die eksperimentele orale entstof ontwikkel.
“Die Friederich-Loeffler-instituut, wat navorsing oor die beheer van siektes doen, het so ver gegaan om te sê hulle sal meer van hul eie hulpbronne vir die projek beskikbaar stel.”
Hassel het gesê ander voorgestelde toekomstige take vir die projek sluit in dat daar onder meer studies oor die orale toediening van die enstof onder jakkalse gedoen word, asook genetiese studies van die virus.
Terselfdertyd moet die aanmelding, toetsing en toesig van die siekte verbeter word. Van die take sal deur die projek se vennote, soos die Namibiese direktoraat van veeartsenydienste en die Friederich-Loeffler-instituut gehanteer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie