Deysel kry tugverhoor oor rooi kaart
Rugby
Andrew Poolman – Die Namibiese rugbykaptein, Johan Deysel, sal sy Franse klub Colomiers se volgende wedstryd moet misloop.
Die 29-jarige senter, wie se span môreaand ’n wegwedstryd teen Rouen Normandy speel, is buite rekening in afwagting op sy tugverhoor volgende Woensdag ná ’n rooikaart-insident.
In verlede Donderdagaand se wedstryd toe Colomiers by Biarritz besoek afgelê het, het die blou span ’n bykans ongelooflike twee rooi kaarte (en ’n geel kaart) binne die bestek van sewe minute op die lyf geloop.
Eerste is Colomiers se Fidjiaanse vleuel Josua Vici ná 16 minute van die veld gestuur vir wat die skeidsregter as ’n vuishou op sy direkte teenstander bestempel het.
Vreemd genoeg is Colomiers se losskakel, Sebastian Poet van Argentinië, in die 21ste minuut koelkas toe gestuur omdat hy ’n losskrum grond toe gebring het.
Skaars ’n minuut later is Deysel ook met ’n rooi kaart afgestuur vir ’n hoogvat op Biarritz se binnesenter, die Nieu-Seelandse senter Francois Saili, wat in 2013 twee toetse vir die All Blacks gespeel het.
“Op die video lyk die kontak bietjie erger as wat my bedoeling was. Sulke dinge gebeur maar in rugby. Hopelik word my skoon rekord in ag geneem en sal die skorsing nie langer as twee of drie wedstryde wees nie,” het Deysel gister aan die koerant gesê.
Biarritz, tans derde in die Pro D2-liga, het die wedstryd uiteindelik gemaklik met 33-16 gewen, deur met dominerende kragspel hul getallevoordeel veral in die laaste tien minute uit te buit.
Colomiers se afrigter, Julien Sarraute, was agterna die meeste ontsteld oor die optrede teen Vici, wat volgens die skeidsregter ’n opponent in die gesig geslaan het.
Sarraute het volgens Ladepeche.fr gesê: “Die ontleding van die voorval was baie swak. Vici is sonder die bal geduik; hy was op die grond en het bloot probeer om homself te bevry en terug in posisie te kom. Hy het sy opponent in die gesig gedruk, maar dit was ’n totaal skadelose aksie. Ek reken die skeidsregter se beslissing was bietjie grof.”
In die Pro D2, die tweede vlak van Franse klubrugby, bevind Colomiers hom tans in die sesde posisie uit 16 spanne. Colomiers het 45 punte ná 18 wedstryde (nege gewen, agt verloor, een gelykop).
KONTRAK VERLENG
Deysel, wat gedurende verlede jaar se inperking ’n suksesvolle skoueroperasie ondergaan het om ’n lastige skouerbesering te laat regstel, het gedurende Desembermaand ’n verlenging van twee jaar van sy kontrak met Colomiers onderteken. Hy is gevolglik bestem om tot in Junie 2023 sy rugby by dié Franse klub te speel.
In ’n onderhoud met WorldTodayNews in November laas jaar het Deysel gesê hy sien baie daarna uit dat die 2023 Wêreldbeker, wat sy derde behoort te wees, in Frankryk gespeel sal word.
Deysel is nie die enigste Namibiër wat sy klubrugby in dié land speel nie.
Sy medekaptein by die 2019 Wêreldbeker, Tjiuee Uanivi (Massy), en sy Namibiese slotmaat slot Pieter-Jan van Lill (Valence Romans) is ook die afgelope seisoene in dié ligas aktief.
“Ondanks terugslae deur die loop van die vorige seisoen, geniet ek my rugby in Frankryk. Om ’n Wêreldbeker hier te speel, sal wonderlik wees, maar dit word ook moeiliker en moeiliker om te kwalifiseer. Spanne soos Kenia en Zimbabwe maak groot vooruitgang.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie