DHPS en Paramount eer gesondheidswerkers
DHPS en Paramount eer gesondheidswerkers

DHPS en Paramount eer gesondheidswerkers

Henriette Lamprecht
Die laaste maande word as van die mees uitdagende tye vir die land, gesondheidsdienste en skoolgemeenskappe beskou.

Die Deutsche Höhere Privatschule Windhoek (DHPS) het op 1 Julie as deel van sy dag van goedheid ter ere van die helde en heldinne in die Namibiese gesondheidsbedryf en as deel van die #Namibia­ThanksYou-veldtog, onder meer kunswerke en plakkate ontwerp en gedigte geskryf as maniere om hul dank te betoon.

Veral een foto en 'n daaropvolgende kunswerk het Namibiërs oral in die land se harte geraak.

'n Leerling van DHPS, Cara Köpplinger, het met kwas en verf die foto vasgevang van twee verpleegsters wat mekaar op 23 Junie by die Paramount-gesondheidsentrum omhels het.

Die sentrum, wat op daardie tydstip meer as 20 kritieke siek Covid-pasiënte opgeneem het, het besluit om Cara se kunswerk op 'n groot skilderdoek te druk en om dit aan verskeie gesondheidsorganisasies te skenk as 'n manier om hul dankbaarheid en meegevoel te bewys asook 'n herinnering aan dié wat 'n geliefde tydens die pandemie verloor het.

“Ons probeer ons leerlinge leer dat ons krisisse saam kan oorkom en dat elkeen moet probeer om 'n bydrae tot die gemeenskap te maak,” sê DHPS se skoolhoof, me. Kristin Eichholz.

“Cara het dit op 'n praktiese en voorbeeldige manier gedoen sonder om te wonder wat die gevolg van haar bydrae gaan wees.”



FONDS VIR FAMILIES

Ter erkenning van Cara se inisiatief het Paramount-gesondheid­sentrum 'n ruim bedrag aan DHPS se Coronafonds geskenk wat families in die skool ondersteun wat deur die pandemie geraak is. Cara self het ook 'n klein blyk van waardering ontvang.

Haar oorspronklike kunswerk pryk nou in die konferensie­kamer van dié sentrum in Windhoek, terwyl die afdrukke ook in verskeie ander liggings insluitend DHPS te sien is.

Volgens Paramount se besturende direkteur, mnr. Hein Venter, het Cara haar “eie tuin geplant en haar eie siel versier, sonder om vir ander te wag om vir haar blomme te bring”.

Venter se boodskap aan die Namibiese jeug was ook dat hulle 'n verskil kan maak.

[email protected]

FOTO
Cara Köpplinger (derde van links), ’n graad 11-leerling van DHPS, oorhandig haar treffende skildery aan verteenwoordigers van die Paramount-gesondheidsorgsentrum. Van links is me. Kristin Eichholz (skoolhoof van DHPS), mnre. Hein Venter (besturende direkteur van Paramount) en Anton Dreyer (bedryfsbestuurder), mee. Mickey Erasmus (hoofwoordvoerder van Paramount) en Jacqui van Vuuren (kunsonderwyser van DHPS). FOTO VERSKAF

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!