Dié appels is nie vir sensitiewes
Woordfees-redaksie - Namibiërs het vanjaar die voorreg om die veelbekroonde teaterstuk, Die reuk van appels, by die Windhoek Woordfees op die planke te sien.
Wat hierdie eenmanvertoning besonders maak, is dat die hoofrol deur Gideon Lombard, ’n gebore Namibiër, vertolk word.
Hy is bekend vir sy rol in die kykNET-sepie Suidooster en ook vir sy indrukwekkende verhoogwerk.
Hierdie toneelstuk het kykNET Fiësta-toekennings vir die beste spel in ‘n solo-produksie, beste regisseur, beste verwerking van ‘n bestaande werk en beste aanbieding ingepalm.
Gideon het in 2017 die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se Kanna-toekenning vir die beste akteur, asook die South African Theatre Magazine-toekenning ontvang.
Die reuk van appels speel in ‘n veelbewoë tydperk in Suid-Afrika se geskiedenis af.
As die seun van ‘n generaal-majoor in die weermag is die 11-jarige Marnus en sy vriend Frikkie salig onbewus van die kompleksiteit van die internasionale politiek.
Hy lei ‘n oënskynlik gelukkige lewe in ‘n geborge gesin. Sy onskuld word deur ‘n brutale daad onherroeplik vernietig.
Die reuk van appels sal hom immer hieraan herinner. Daar is ‘n ouderdomsbeperking van 16, onder meer weens naaktheid, taal en die temas van geweld en vooroordele.
Die reuk van appels is gebaseer op Mark Behr se bekroonde werk (ook in Engels gepubliseer as The smell of apples) en is in 1993 as grensverskuiwend beskou. Dit handel oor die ras-, geslags- en militariseringskwessies wat in outoritêre kulture bestaan.
Hierdie roman is deur Johann Smith in ’n toneelteks omskep en vir die eerste keer in 2017 by die KKNK opgevoer.
Die vervaardigers is Theatrerocket en die regie word deur Lara Bye, ‘n gerekende en internasionaal bekende regisseur, behartig.
Dit word steeds by verskeie feeste en in teaters opgevoer. Danksy die stuk se gewildheid het Queillerie besluit om nog ‘n oplaag van die boek te druk.
Hoewel Gideon in Windhoek gebore is en ‘n deel van sy skoolopleiding hier voltooi het, is hy ook ‘n wêreldburger wat die res van sy skoolopleiding in Amerika en Europa voltooi het.
Hy het sy studies met lof aan die Universiteit van Kaapstad geslaag.
Benewens sy rol as Stefan Gerber in Suidooster en sy uitmuntende spel in Die reuk van appels sluit ander teaterhoogtepunte in sy loopbaan as medeskrywer en akteur The view, Bidsprinkaan en Orpheus in Africa in.
Sy filmwerk sluit Lien se Lankstaanskoene en die internasionale reeks Black Sails (The History Channel) in.
In ‘n e-posonderhoud het Gideon openhartig oor homself en die toneelstuk gepraat.
Het jy al ooit professioneel in jou geboorteland opgetree? En hoe voel jy daaroor?
Ek het nog nooit professioneel in Namibië opgetree nie, dus is dit vir my ’n wonderlike vooruitsig. Ek kan wel sê die laaste keer wat ek in die Warehouse-teater was, was vir my en my broer James se afskeid voor ons gesin Amerika toe is. Dit was in 2003! So, om ná 15 jaar terug te keer na dieselfde teater in my geboorteland is vir my ’n ongelooflike voorreg. Ek is ook redelik op my senuwees om hierdie spesifieke stuk voor al my skoolvriende te doen!
Baie sensitiewe temas word in Die Reuk van Appels aangespreek.
Is daar iets wat jy vir Woordfeesgangers oor die stuk wil sê?
Die stuk, oorspronklik ‘n roman, én die verwerking as teaterstuk, is beide uitdagende stories. Baie mooi, delikaat en menslik, maar ook donker en steurend. Dit laat mens met ’n klomp vrae. Ek dink wel ‘n mens moet ondersoek instel na hoekom baie van die temas so sensitief is. Baie van hulle dien as metafore wat belangrike gesprekke oopkrap. Die vrae en gesprekke is nie maklik nie, maar, na my mening, die moontlike begin van ’n gesprek wat ons al lankal moes hê.
Moet ons gehore gewaarsku word of moet hulle net met ‘n oop gemoed kom kyk en luister?
Daar is ’n ouderdomsbeperking van 16 wat reeds as ’n soort waarskuwing in terme van taal, naaktheid, ensovoorts dien. Maar ek kan met gemak sê niks in die stuk het die bedoeling om te skok nie; alle tonele is myns insiens uiters funksioneel. ’n Oop gemoed is altyd ’n mooi eienskap - hetsy op straat of in die teater. So, ja, kom beslis met ’n oop gemoed, sit af jou foon en hopelik kan ons saam iets spesiaals ervaar.
Vertel ons meer oor gehore se reaksie op die stuk.
Mens leer telkens baie by elke gehoor. Party mense maak konneksies wat myself opnuut oor die storie laat besin. Ek vertel die storie van ‘n 11-jarige seun se belewings in 1974, asook sy tyd later as jongman in die grensoorlog in Angola en die noorde van Namibië. Sodoende verteenwoordig my storie die ervarings van ’n hele generasie. Nie net van die mans op die grens nie, maar ook hoe hulle families daardie tyd ervaar het. Van die roerendste gesprekke wat ek al na ’n opvoering gehad het, was nie net met mans wat self op die grens was nie, maar veral met hulle vroue/partners. ’n Mens kom vinnig agter dat daar ‘n hele klomp gesprekke is wat nooit plaasgevind het nie, en watter skade onderdrukking en ontkenning kan aanrig.
Is dit vir jou meer bevredigend om regstreeks op te tree, of verkies jy om vir ’n kamera te speel?
Ek vind beide mediums stimulerend om verskillende redes. Ek het oor die afgelope paar jaar baie geleer - voor én agter die kamera. Maar ek voel steeds meer tuis in die teater. Ek weet die helfte van die tyd nie eintlik wat ek op die verhoog doen nie, maar dit voel darem of ek dit in “my eie sitkamer” probeer ontdek. Die wonderlike ding van regstreeks optree - of dit nou musiek of teater is - is dat die weergawe van daardie spesifieke aand net een keer gebeur. Die volgende aand kerf mens dit weer opnuut uit.
Het jy dalk ’n boodskap vir Windhoek Woordfees-besoekers?
Ek sien vreeslik uit na die fees en om die stuk as’t ware huis toe te bring. Baie dankie vir die geleentheid, al die beplanning en sorg waarmee julle dit benader. Dat ons mekaar al so lank reeds ken, is vir my ekstra spesiaal.
Die reuk van appels word in die Warehouse-teater op Vrydag 3 Augustus om 20:00 aangebied en weer op Saterdag 4 Augustus om 15:00. Kaartjies is by Eventstoday teen N$200 of by die deur teen N$220 beskikbaar. Studente en pensioenarisse betaal slegs N$140.
Vriende van die Woordfees kan 10% afslag kry indien vyf of meer kaartjies gekoop word. Vir meer inligting, besoek die webblad www.windhoekwoordfees.com, of skakel Emma by 081 122 9037 of Susan by 081 272 0459.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie