Dié boere verdien nou meer uit YouTube as boerdery
Deesdae “boer” boere op die internet en maak só meer geld as met hul fisieke boerderye.
Die tye is beslis besig om te verander: Boere kan meer geld uit die maak van video's oor boerdery op YouTube verdien as deur te boer.
Een só 'n boer is Zack Johnson, 'n Amerikaner wat met mielies en sojabone boer en bekendheid op YouTube verwerf het onder die gebruikersnaam MN Millennial Farmer.
Johnson, van die Amerikaanse deelstaat Minnesota, sê hy verdien reeds vyf keer meer uit die maak van video's as wat die opbrengs van sy familieplaas oor die laaste jaar was.
Dié 34-jarige boer het drie jaar gelede begin video's maak waarin hy ander boere probeer bystaan deur veral te fokus op die tegnologie wat hulle kan gebruik.
Hy en sy vrou, Becky, het nou al sowat 300 000 intekenare op hul YouTube-kanaal. Daar is al meer as 50 miljoen keer na hul video's gekyk.
Dit is enersyds 'n aanduiding van hoe moeilik dit is om steeds 'n bestaan uit boerdery te maak, maar ook hoe verbruikers se belangstelling in hoe kos geproduseer word, toegeneem het.
“Ja, ons gebruik geneties gemodifiseerde organismes, plaagdoders en besproeiingstelsels – maar hier is die ware rede oor waarom ons dit gebruik,” sê Johnson in 'n onderhoud.
Hy meen hy bring 'n balans tot die gesprek oor moderne boerderypraktyke wat gewoonlik deurloop onder kritiek.
Die Johnsons is geensins al boerderygesin wat 'n groeiende teenwoordigheid aanlyn het nie.
Onder afgeleë boerderygemeenskappe in Amerika is YouTube verreweg die gewildste sosialemediaplatform.
In 2018 het die Pew-navorsingsentrum bevind dat 59% van boere in dié gebiede dit gebruik.
Keith Good, sosialemediabestuurder by Farmdoc, 'n projek wat data oor bedreigings vir boere insamel, is dit eens dat al hoe meer boere video's maak en deel.
“Boerderyorganisasies en kommoditeitsgroepe moedig produsente aan om deel te neem aan die gesprek op sosiale media,” sê hy.
Suzanne Cook, beter bekend as WT Farm Girl, het byna 40 000 intekenare wat haar ervarings as eerstegenerasieboer aanlyn volg.
Cook (37), hoop dat meer vroue by boerdery betrokke sal raak. Baie van haar volgelinge leer nog oor die boerdery, nes sy. Net 10% van haar kykers is egter vroue, sê sy.
“As 'n vrou is dit baie moeiliker, want mans neem jou net nie ernstig op nie,” sê sy in 'n telefoniese onderhoud.
“YouTube het my baie gehelp, want my intekenare is ondersteunend.”
Josh Draper het nou meer as 220 000 intekenare nadat hy gewys het hoe hy as eerstegenerasieboer 'n vervalle tabakplaas in 'n volwaardige beesplaas omskep het. Hy het besluit om te begin video's maak omdat “baie mense weer terugkeer na boerdery”.
Hy het 'n kamera aangeskaf en 'n video gemaak waarin hy sy grassnyer se lem slyp. Vandaar het sy gewildheid net toegeneem.
Jach en Becky Johnson se video's is dikwels net die twee van hulle wat oor 'n bepaalde onderwerp gesels en só inligting aan hul kykers oordra.
– Bloomberg, bygewerk deur Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie